1929 – Die Groot Depressie: Die New Yorkse Effektebeurs stort in duie op Swart Dinsdag, wat lei tot ’n reeks bankrotskappe. Dit ontketen ’n wêreldwye ekonomiese depressie.
1975 – Genaraal Francisco Franco se 36-jarige bewind kom tot ’n einde met die aankondiging dat Prins Carlos as voorlopige staatshoof van Spanje sal oorneem.
1982 – Lindy Chamberlain word in Australië skuldig bevind aan moord op haar babadogter (nege weke oud) nadat ’n jurie haar bewering dat ’n dingo die baba gesteel het, verwerp.
1998 – John Glenn maak in die ouderdom van 77 – ná meer as drie dekades sedert sy laaste deelname aan die Amerikaanse ruimteprogram – ’n ruimtevlug mee aan boord die Discovery, om die uitwerking van ’n ruimtevlug op bejaardes na te vors.