Die Albigensiese Kruistog (Frans: croisade des Albigeois of croisade contre les Albigeois) (1208-1249) was 'n kruistog wat deur die Katolieke Kerk teen kettery, hoofsaaklik die katharisme en tot 'n mindere mate die Waldense, uitgevaardig is. Van die 12de eeu praat tekste uit die tydperk van die Albigensiese kettery sonder dat die gebied meer kathaars was as naburige streke.
Katharisme was veral in Languedoc, wat deur twee families oorheers is, die Huis van Toulouse en die Huis Trencavel, gevestig. Nadat hulle nie daarin kon slaag om 'n gemeenskalike front te vorm nie het die graaf Raymond VI van Toulouse besluit om oor te loop, terwyl Raimond-Roger Trencavel hom voorberei het vir verdediging teen die kruistog. Nadat Béziers en Carcassonne ingeneem is en die burggraaf Trencavel gevangene geneem is, het die kruisvaarders een van hulle eie, Simon van Montfort gekies om die stryd voort te sit (1209). Die kruistog het spoedig ontwikkel in 'n veroweringsoorlog, eerstens deur die Graaf Simon van Montfort, daarna na die dood van laasgenoemde (1218) en die mislukking van sy seun Amaury, tot die voordeel van die Franse Kroon. Dit het nie 'n einde gebring aan die vervolging van Khatare nie, eers onder aanvoering van plaaslike biskoppe en later onder die Inkwisisie (vanaf 1233).
Uiteindelik is die burgraafskappe van Carcassonne, Albi en Béziers onder die koninklike domien verenig in 1226; die Graafskap van Toulouse het oorgegaan na Alphonse van Poitiers, 'n broer van Lodewyk die Heilige in 1249 en is in 1271 geannekseer. Die Languedoc, wat hom aan die begin van die 13de eeu nog onder die invloedsfeer van die Koninkryk van Aragon bevind het, het teen die einde van die eeu onder die Koning van Frankryk geval. In die tydperk is die katarisme uitgeroei in Languedoc en het daar slegs 'n paar katare in Lombardye geskuil.