Alemannies bestaan uit 'n dialekkontinuum, van die Hoogste-Alemannies wat in die bergagtige suide gepraat word tot Swabies in die betreklik plat noorde, met meer karakteristieke van Standaardduits hoe meer noord mens gaan.
Sommige taalkundiges en organisasies onderskei tussen tale en dialekte hoofsaaklik op grond van onderlinge verstaanbaarheid. SIL International en Unesco beskryf Alemanniese Duits byvoorbeeld as een van verskeie onafhanklike tale. ISO/DIS 639-3 onderskei vier tale: gsw "Alemannies", swg "Swabies", wae "Walser" en gct "Colonia Tovar Duits" (wat sedert 1843 in Venezuela gepraat word).
Op die vlak is die onderskeid tussen 'n taal en 'n dialek taalkundig betekenisloos en verteenwoordig dit eerder 'n kulturele en politiese vraagstuk. Standaardduits is die skryftaal en word mondelings in formele omstandighede gebruik. In al die Alemanniese gebiede (met die uitsondering van Elsas), en Alemanniese variëteite word in die algemeen beskou as Duitse dialekte (meer nougeset, 'n dialekgroep binne Opperduits) eerder as afsonderlike tale.
Variante
Alemannies bestaan uit die volgende variante:
Swabies (meestal in Swabe, in Duitsland). Ander as meeste ander Alemanniese dialekte, behou dit nie die Middel-Hoogduitse monoftonge û, î nie maar skuif dit na [ou], [ei] (teenoor Standaardduits [aʊ], [aɪ]). Om hierdie rede word "Swabies" soms in teenstelling met "Alemannies" gestel.
Nederalemanniese dialekte. Behou Duitse aanvanklike /k/ as [kʰ] (of [kx]) eerder as om dit te frikativiseer na [x] soos in Hoogalemannies. Subvariante:
Hoogste-Alemannies (in die Walliskanton, in die Walsernedersettings, in die Bernse Boland en in die Duitsspreknde deel van die Fribourgkanton). Het nie hiaatdiftong van ander Duitse dialekte nie met [ʃniːə(n)], [buːə(n)] en nie [ʃneijə bouwə] nie. Subvariante:
Walliserduits
Walserduits.
Let daarop dat die Alemanniese dialekte van Switserland baie keer Switserse Duits of Schwyzerdütsch genoem word.
Geskrewe Alemannies
Die oudste bekende tekste in Alemannies is kort Ouers Futhark inskripsies uit die 6de eeu. In die Oud-Hoogduitse tydperk is die eerste koherente tekste opgeneem in die Abdy van St. Gallen, waar onder die 8ste eeu Onse vader,
Fater unser, thu bist in himile
uuihi namu dinan
qhueme rihhi diin
uuerde uuillo diin,
so in himile, sosa in erdu
prooth unseer emezzihic kip uns hiutu
oblaz uns sculdi unsero
so uuir oblazem uns skuldikem
enti ni unsih firleit in khorunka
uzzer losi unsih fona ubile
As gevolg van die belangrikheid van die Karolingiese abdye van St. Gallen en Reichenau, het 'n aansienlike deel van die Oud-Hoogduitse corpus Alemanniese trekke gehad. Alemannies Middel-Hoogduits is minder belangrik, ten spyte van die Codex Manesse wat deur Johannes Hadlaub van Zürich opgestel is. Die opkoms van die Oud-Switserse Konfederasie van die 14de eeu het gelei tot die skep van die Alemanniese Switserse Geïllustreerde Kronieke. Ulrich Zwingli se Bybelvertaling uit die 1520's (die 1531 Froschauer Bybel) was in 'n Alemanniese variant van vroeë moderne Hoogduits. Van die 17de eeu is geskrewe Alemannies deur Standaardduits, wat van die 16de eeu te voorskyn gekom het, verplaas veral na Luther se Bybelvertaling van die 1520's. Die 1665 hersiening van die Froschauer Bybel het ontslae geraak van die Alemanniese elemente en die taal wat deur Luther benader. Om die rede het daar geen bindende ortografiese standaard vir die skryf van modern Alemannies te voorskyn gekom nie. Ortografië wat in gebruik is verteenwoordig 'n kompromis tussen presiese fonologiese notasie, en ooreenkoms met die bekende Standaardduitse ortografie (veral vir leenwaorde).
Johann Peter Hebel het sy Alemannische Gedichte in 1803 gepubliseer. Switserse outeurs gebruik baie keer doelbewus Helvetismes in Standaardduits, noemenswaardig Jeremias Gotthelf in sy romans wat in Emmental afspeel, en meer onlangs Tim Krohn in sy Quatemberkinder.
Eienskappe
Die verkleiningsvorm word baie in alle Alemanniese dialekte gebruik. Noordelike en oostelike dialekte gebruik die agtervoegsel -le; suidelike dialekte gebruik die agtervoedsel -li (Standaardduitse agtervoegsel -chen). Afhangend van die dialek, kan 'huisie' Häusle, Hüüsle, Hüüsli of Hiisli wees.
'n Beduidende verskil tussen die hoë en lae (neder-) variante is die uitspreek van ch na die voorklinker (i, e, ä, ö en ü) en konsonante. In Standaardduits en in die laer variante, is dit 'n palatale [ç] (die Ich-Laut), terwyl hoër variante, 'n velar of uvular [χ] of [x] (die ach-Laut) gebruik.
Die werkwoord om te wees (is) word verskillend vervoeg in die onderskeie dialekte:
Die vervoeging van die werkwoord om te wees in Alemanniese dialekte