Blatjang is 'n familie van speserye wat hoofsaaklik verband hou met Suid-Asiatiese kookkuns en gewoonlik 'n paar mengsels van speserye, groente en/of vrugte bevat. Daar is baie variëteite van blatjang.[1]
Blatjang kan óf nat of droog wees, en kan 'n growwe tot 'n fyn tekstuur hê. Die Indiese woord verwys na vars en gepekelde voorbereidings voor die voet, dikwels met konfyt versoet. Verskeie Indiese tale gebruik die woord net vir vars voorbereidings. Nog 'n term is achār (Hindi: अचार) wat 'n soort Indiese piekel is wat olie bevat en selde soet is. Asyn, sitrus, tamarinde, of suurlemoensap kan bygevoeg word as natuurlike preserveermiddels, of fermentasie in die teenwoordigheid van sout kan gebruik word om die suur eienskap te skep.
Die woord "blatjang" dek 'n wye verskeidenheid voedseldisse. Die gemeenskaplike element wat hulle almal "blatjang" maak, is dat hulle bygevoeg word om geregte te geur en disse smaak te gee, dit word ook met 'n wye verskeidenheid van voedsel genuttig.
Tradisioneel is blatjang berei deur vrugte te maal met 'n stamper en vysel gemaak van klip of 'n ammikkal (Tamil). Speserye is bygevoeg en dan word alles saam gemaal, gewoonlik in 'n bepaalde volgorde; die nat pasta is vervolgens liggies gebraai in groente-olie, gewoonlik sesam-olie of grondboontjieolie. Elektriese mengers of voedselverwerkers kan gebruik word as arbeidsbesparende alternatief tot klipmaal.