Bothasig is 'n noordelike voorstad van Kaapstad in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die voorstad is noord van Edgemead en oos van Milnerton geleë, ongeveer 15 km noordoos van die Kaapse middestad.
Bothasig is op die plaas Bosmansdam uitgelê en aanvanklik ook daarna genoem. In 1966 is dit na P.W. Botha hernoem, die destydse Minister van Gemeenskapsontwikkeling, Eerste Minister en Staatspresident van Suid-Afrika.[2]
Verwysings