Share to: share facebook share twitter share wa share telegram print page

Danie Craven

Danie Craven Rugbyportaal
Volle naam Daniel Hartman Craven
Bynaam Dok, Mnr. Rugby
Geboortedatum 11 Oktober 1910
Geboorteplek Lindley (Suid-Afrika)
Sterftedatum 4 Januarie 1993 (op 82)
Sterfteplek Stellenbosch (Suid-Afrika)
Lengte 1,78 m
Massa 79,8 kg
Skool Hoërskool Lindley
Universiteit Universiteit van Stellenbosch
Universiteit van Pretoria
Eggenote Beyera Hayward
Merle Vermeulen
Kinders George, Daniel, James, Joan
Beroep Opvoedkundige
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s) Skrumskakel, losskakel, senter, agtsteman, heelagter
Professionele / senior klubs
Jare Klub / span Weds (pte)
1929–1935
1936–1937
1938
Maties
Albany
Garrison
Provinsiale- / Staatspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
1931–1935
1936–1937
1938
Westelike Provinsie
Oostelike Provinsie
Noord-Transvaal
Nasionale span(ne)
Jare Land Weds (pte)
1931–1938 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 16 (6)
Loopbaan as afrigter
Jare Klub / span
onbekend
1949–1956
Maties
Springbokke

Danie Craven (1910–1993), beter bekend as Danie Craven of Dok Craven, was 'n voormalige Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat lewenslank aan die spel rugby toegewyd was. Hy het vir die Westelike Provinsie, Oostelike Provinsie, Noord-Transvaal en Springbokke uitgedraf en was een van Suid-Afrika se beste en bekendste rugby-administrateurs. Hy was Suid-Afrika se negentiende Springbokkaptein (in 4 toetse). Daarnaas het hy die Springbokke tussen 1949 en 1956 afgerig en was hy van 1956 tot 1992 president van die Suid-Afrikaanse Rugbyraad. As Springbokafrigter was hy een van die mees suksesvolle afrigters van alle tye. Meer as 20 boeke oor rugby het uit sy pen verskyn. Rugbystadions in Stellenbosch en Burgersdorp, asook die jaarlikse nasionale o.18-skolerugbyweek is na hom genoem.[1]

Persoonlike lewe

Vroeë lewe

Daniël Hartman Craven is op 11 Oktober 1910 in Lindley, Suid-Afrika as die derde van sewe kinders gebore. Hulle was ses seuns en een dogter, Myra, wie ook die jongste was. Sy pa het op 18 in die Anglo-Boereoorlog teen die Britte geveg en is in 'n Britse konsentrasiekamp geïnterneer. Hy is in 1938 getroud met Beyera Hayward, dogter van George Hayward LP. Uit daardie huwelik is drie seuns (George, Daniel en James) en 'n dogter (Joan) gebore. Ná die dood van Beyera is Danie met Merle Vermeulen getroud.

Opvoeding

Craven het sy skoolloopbaan aan die Hoërskool Lindley voltooi waarna hy na die Universiteit van Stellenbosch is om in die sielkunde te gaan studeer. Daar het Danie uitgeblink en sy BA-grade in Sosiale Wetenskappe (1931) en Sosiale Antropologie (1932) verwerf. Hy het die graad Magister Artium in Etnologie (cum laude) in 1933 verwerf. Daarna het hy doktorsgraad in etnologie (volkekunde) in 1935 verwerf. In 1973 het hy, by die Universiteit van Pretoria 'n doktorsgraad in sielkunde verwerf. Hy het teruggekeer na Stellenbosch om in 1978 'n doktorsgraad in liggaamlike opvoeding te voltooi. Hy het ook 'n eredoktorsgraad van die Universiteit van Stellenbosch ontvang in Letterkunde en Filosofie.

Latere lewe

Craven is op 4 Januarie 1993 by sy huis in Stellenbosch oorlede. Hy was 82 jaar oud.[2] Sy outobiografie, Ek speel vir Suid-Afrika, is reeds in 1949 gepubliseer. Gedurende die laaste 30 jaar van sy lewe was hy wêreldwyd as “Mnr. Rugby” bekend.

Rugby

Loopbaan

Foto van Danie Craven as deel van die Springboktoergroep na Australië en Nieu-Seeland in 1937.

Danie se hoofposisie was skrumskakel – hy word gereken as een van die beste duikaangeërs van alle tye – maar het ook verskeie kere uitgedraf op senter, losskakel en agtsteman. Hy het ook eenkeer as heelagter uitgedraf in 'n vriendskaplike wedstryd teen Australië. Sy grootste invloed was die legendariese A.F. Markötter van Stellenbosch wat op 'n keer aan Danie gesê het: "Onthou net, ek skreeu net op mense van wie ek hou." Hy het klubrugby gespeel vir die Universiteit van Stellenbosch, Albany (in Grahamstad), Garrison (in Pretoria) en hy het ook een wedstryd vir Steytlerville gespeel. Hy het vir die Westelike Provinsie, Oostelike Provinsie en Noord-Transvaal in provinsiale rugby uitgedraf. Van 1938 tot 1949 was hy 'n Springbokkeurder. In 1949 het hy begin om die Springbokke af te rig, nadat hy die span van die Universiteit van Stellenbosch afgerig het. Hy was tot 1956 nasionale rugbyafrigter. In sy era het die Springbokke 23 toetse gespeel waarvan hulle 17 gewen het. In 1956 het hy die President van die Suid-Afrikaanse Rugbyraad geword en was aan die hoof tot in 1992, toe hy en Ebrahim Patel medepresidente geword het van die nuutgestigte Suid-Afrikaanse Rugbyvoetbalunie (nou SARU). In 1957 het hy 'n lid van die Internasionale Rugbyraad geword en was die voorsitter in 1962, 1973 en 1979.

Statistiek

Standbeeld van Danie Craven en sy hond, Bliksem by Coetzenburg in Stellenbosch.

Danie het op 5 Desember 1931 sy internasionale debuut teen Wallis in Swansea gemaak toe hy 21 jaar en 55 dae oud was. In daardie stadium het hy nog nie eens provinsiale rugby gespeel nie. Sy laaste toets was op 10 September 1938 (as kaptein) teen die Britse en Ierse Leeus in Kaapstad. Hy het in 28 internasionale wedstryde gespeel waarvan 16 toetswedstryde was (vier as kaptein) – 12 aan die wenkant en vier aan die verloorkant. Hy het in 22 ander toerwedstryde vir die Springbokke gespeel. Hy het in vyf posisies gespeel, naamlik: skrumskakel, losskakel, senter, agtsteman en heelagter (hy was in 'n provinsiale wedstryd teen Queensland op heelagter). Ná sy aanstelling as afrigter in 1949, wen die Springbokke hulle eerste tien wedstryde, wat 'n reekssege van 4-0 teen die besoekende Nieu-Seelandse span ingesluit het.

Hoogtepunte

Craven het die Suid-Afrikaanse span in die eerste toets teen Nieu-Seeland aangevoer in Wellington in 1937 en in al drie toetse teen die Britse en Ierse Leeus in 1938. Hy wen die loting in die laaste drie toetse met 'n gelukkige goue tien-shillingstuk wat die Burgemeester van Johannesburg aan hom gegee het. Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog was Danie reeds 27 jaar oud en sy speeldae verby. Die volgende toets wat Suid-Afrika sou speel was 11 jaar later met Craven as keurder en afrigter. Met die Springboktoer van 1931–32, toe Craven 'n speler was, het die Bokke slegs een toerwedstryd verloor. Met die Springboktoer van 1951–52, met Craven as afrigter, het hulle ook net een toerwedstryd verloor.

In 1988 het hy, teen die wense van die regering, na Harare gereis om samesprekinge met leiers van die ANC te hou (wat op die tydstip 'n kriminele oortreding was) om 'n enkele rugbyvereniging te beding wat geïntegreerde spanne sou toelaat. Dié stap het die weg gebaan vir die vorming van die verenigde liggaam SARFU in 1992, met Craven as een van die mede-presidente, tot sy dood die volgende jaar. Hy het dus ononderbroke vir 37 jaar aan die hoof van rugby in Suid-Afrika gestaan. Hy het ook 'n leidende rol gespeel in die bekendstelling van die "Cravenweek" in 1964, die eerste nie-rassige rugbykompetisie in Suid-Afrikaanse sport. Dit het skoolkinders van alle rasse betrek. In sy afrigtingsera het Errol Tobias die eerste gekleurde Springbok geword.

Van die boeke wat hy geskryf het sluit in:

  • Ek speel vir Suid-Afrika (outobiografie)
  • Danie Craven on Rugby
  • Springbok Story 1949–1953

Eerbewyse

Danie Craven is in 1997 in die Internasionale Rugbyheldesaal (IRHOF) opgeneem en was die eerste van nege Suid-Afrikaners. In 2007 het hy die derde ingelyfde geword in die Internasionale Rugbyraad se Heldesaal, met voor hom slegs die Rugbyskool en William Webb Ellis, die beweerde uitvinder van rugby.

Buiten die Cravenweek dra die Danie Craven-stadion asook die Danie Craven-rugbymuseum in Stellenbosch sy naam.

Herdenking – 1910 tot 2010

Interessanthede

  • Sy oupa aan vaderskant was van Steeton in Yorkshire afkomstig. Die plaas waarop hy gebore is het die naam "Steeton" gedra en sy huis in Stellenbosch het later dieselfde naam gekry.
  • Een van sy jonger broers, Marius, het vir die Oostelike Provinsie as skrumskakel uitgedraf.
  • Hy was 'n uitstekende atleet, het krieket, waterpolo, bofbal en tennis gespeel en was kaptein van die rugby- en swemspan van die Universiteit van Stellenbosch. Hy het sokker op skool en vir die Suid-Afrikaanse Weermag in 1939 gespeel.
  • Een van sy bekende sêgoed was "Jy kry baie skoppe my seun. Skepskoppe, doelskoppe en strafskoppe, maar daai was 'n k@k skop."
  • Craven het geglo dat daar vir geluk altyd 'n Jood en 'n polisieman in die Springbokspan moes wees.

Sien ook

Verwysings

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. Wallis, F. (2000). Nuusdagboek: feite en fratse oor 1000 jaar, Kaapstad: Human & Rousseau

Eksterne skakels

Voorafgegaan deur
Phil Nel
Springbokkaptein
1937-1938
Opgevolg deur
Felix du Plessis

Read other articles:

Teras sebuah reaktor kecil yang digunakan untuk penelitian. Reaktor nuklir adalah suatu tempat atau perangkat yang digunakan untuk membuat, mengatur, dan menjaga kesinambungan reaksi nuklir berantai pada laju yang tetap. Berbeda dengan bom nuklir, yang reaksi berantainya terjadi pada orde pecahan detik dan tidak terkontrol. Reaktor nuklir digunakan untuk banyak tujuan. Saat ini, reaktor nuklir paling banyak digunakan untuk membangkitkan listrik. Reaktor penelitian digunakan untuk pembuatan radio…

This is a list of bridges in India. Historical and architectural interest bridges Name Localname Distinction Length Type CarriesCrosses Opened Location State Ref. 1 Umshiang Double-Decker Root Bridge Double living root bridge 24 m (79 ft) SuspensionHandmade from aerial roots FootbridgeMawsaw Nongriat25°15′04.9″N 91°40′17.7″E / 25.251361°N 91.671583°E / 25.251361; 91.671583 (Umshiang Double-Decker Root Bridge) Meghalaya [Note 1][1&…

リゾ 2019年11月、ロンドンでパフォーマンスをするリゾ基本情報出生名 メリッサ・ヴィヴィアン・ジェファーソン生誕 (1988-04-27) 1988年4月27日(35歳)[1] アメリカ合衆国 ミシガン州デトロイト 出身地 アメリカ合衆国 ミネソタ州ミネアポリスジャンル ヒップホップ[2]ソウル[2]R&B[2]ゴスペル[2]ポップ[2]職業 歌手ソングライターラッパー

مطار رمبيك   إياتا: RBX  – ايكاو: HSMK  موجز يخدم رمبيك  البلد جنوب السودان  الموقع وسيط property غير متوفر. الارتفاع 419 متر  إحداثيات 6°50′N 29°40′E / 6.83°N 29.67°E / 6.83; 29.67  الخريطة تعديل مصدري - تعديل   طريق بمحاذاة مدرج المطار الترابي مطار رمبيك (إياتا: RBX، 

شعوب بويبلو القديمةمعلومات عامةالفترة الزمنية عصر قبل كولومبي — العصر الحجري الحديث وصفها المصدر New Mexico Cultural Encyclopedia & Lexicon (en) Oshara Tradition (en) تعديل - تعديل مصدري - تعديل ويكي بيانات قصر في جرف لشعوب بويبلو القديمة شعوب بويبلو القديمة هي شعوب أمريكية أصلية تركزت في ما يعرف الآن

German footballer (born 1991) For the footballer born in 1988, see Patrick Herrmann (footballer, born 1988). Patrick Herrmann Herrmann with Borussia Mönchengladbach in 2022Personal informationFull name Patrick HerrmannDate of birth (1991-02-12) 12 February 1991 (age 32)Place of birth Saarbrücken, GermanyHeight 1.79 m (5 ft 10 in)[1]Position(s) Right wingerTeam informationCurrent team Borussia MönchengladbachNumber 7Youth career1995–2004 FC Uchtelfangen2004–2008…

For other uses, see List of places called Kingston. Local government area in South AustraliaKingston District CouncilSouth AustraliaPosition of the Kingston District CouncilPopulation2,349 (2016 census)[1] • Density0.70378/km2 (1.8228/sq mi)Established1873Area3,337.7 km2 (1,288.7 sq mi)MayorKay RasheedCouncil seatKingston SERegionLimestone Coast[2]State electorate(s)MacKillopFederal division(s)BarkerWebsiteKingston District Council LGAs around King…

1997 film by Dean Covell The Wiggles MovieTheatrical release posterDirected byDean CovellWritten byGreg TrumanProduced byHilton FattStarring Murray Cook Jeff Fatt Greg Page Anthony Field Tony Harvey Leeanne Ashley Carolyn Ferrie Paul Paddick Joanne Samuel CinematographyScott PrestonEdited byMarc Van BuurenMusic by The Wiggles John Field ProductioncompanyGladusaurus ProductionsDistributed by20th Century Fox (Oceania) HIT Entertainment (Worldwide)Release date 18 December 1997 (1997-…

2009 single by Pink Not to be confused with I Don't Believe You (She Acts Like We Never Have Met). I Don't Believe YouSingle by Pinkfrom the album Funhouse ReleasedOctober 5, 2009Recorded2008GenreSoft rockLength4:36 (album version)3:50 (radio edit)LabelLaFaceSongwriter(s)PinkMax MartinProducer(s)Max MartinPink singles chronology Funhouse (2009) I Don't Believe You (2009) Glitter in the Air (2010) Music videoI Don't Believe You on YouTubeAudio sampleA sample of the song, in which Pink sings the c…

?Паротія чорна Охоронний статус Найменший ризик (МСОП 3.1)[1] Біологічна класифікація Домен: Еукаріоти (Eukaryota) Царство: Тварини (Animalia) Тип: Хордові (Chordata) Клас: Птахи (Aves) Ряд: Горобцеподібні (Passeriformes) Родина: Дивоптахові (Paradisaeidae) Рід: Паротія (Parotia) Вид: Паротія чорна Біноміа…

Suba صوباSoba, Sobetha, ZovaSubaKoordinat: 31°47′5″N 35°7′26″E / 31.78472°N 35.12389°E / 31.78472; 35.12389Koordinat: 31°47′5″N 35°7′26″E / 31.78472°N 35.12389°E / 31.78472; 35.12389Grid Palestina162/132Entitas geopolitikMandat PalestinaSubdistrikYerusalemTanggal pengosongan13 Juli 1948[3]Luas[1] • Total4,102 dunams (4,102 km2 or 1,584 sq mi)Populasi (19…

Football club in Greater Manchester, England Football clubSalford CityFull nameSalford City Football ClubNickname(s)The AmmiesFounded1940; 83 years ago (1940) (as Salford Central)GroundMoor LaneCapacity5,106 (2,246 seated)[1]OwnerProject 92 LimitedHead CoachNeil Wood[2]LeagueEFL League Two2022–23EFL League Two, 7th of 24WebsiteClub website Home colours Away colours Third colours Current season Salford City Football Club is a professional football club in Salfo…

UFC on Fuel TV: Barão vs. McDonald UFC on Fuel TV: Barão vs. McDonald Detalhes Promoção Ultimate Fighting Championship Data 02013-02-16 16 de fevereiro de 2013 Local Wembley Arena Cidade Londres, Inglaterra Público 10 349 Arrecadado US$1 300 000 Cronologia UFC 156: Aldo vs. Edgar UFC on Fuel TV: Barão vs. McDonald UFC 157: Rousey vs. Carmouche O UFC on Fuel TV: Barão vs. McDonald, UFC on Fuel TV 7 ou até mesmo UFC Londres foi um evento de artes marciais mistas promovido pelo UFC que acon…

American physicist This article is about the physicist. For the California lawyer, see William Coblentz (attorney). William CoblentzWilliam Coblentz in 1922BornNovember 20, 1873North Lima, Ohio, U.S.DiedSeptember 15, 1962 (1962-09-16) (aged 88)Washington, D.C., U.S.Alma materCornell UniversityCase Western ReserveKnown forInfrared radiometry and spectroscopySpouse Catherine Cate Coblentz ​ ​(m. 1924; died 1951)​Awards Howard N. P…

2007 novel by Nnedi Okorafor This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: The Shadow Speaker – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (August 2016) (Learn how and when to remove this template message) The Shadow Speaker AuthorNnedi OkoraforGenreFiction, Historical Fiction, FantasyPublisherHyperion Book …

Capitol 400The similarly equipped Commuter 400OverviewService typeInter-city railStatusDiscontinuedLocaleIllinois and WisconsinFirst service1942 (1942)Last service1950 (1950)Former operator(s)Chicago and North Western RailwayRouteTerminiNorth Western Terminal,Chicago, IllinoisC&NW station,Madison, WisconsinService frequencyDaily except SundayTrain number(s)155-609, 500TechnicalTrack gauge4 ft 8+1⁄2 in (1,435 mm) standard gaugeRoute map Legend 130…

ABC Radio Network redirects here. For other uses, see ABC Radio.Not to be confused with ABC Audio.Former American radio network Cumulus Media NetworksTypeRadio networkCountryUnited StatesOwnershipOwnerABC, Inc. (1945–1953)American Broadcasting-Paramount Theatres(1953–1965)American Broadcasting Companies, Inc.(1965–1986)Capital Cities/ABC(1986–1996)The Walt Disney Company(1996–2007)Citadel Broadcasting(2007–2011)Cumulus Media (2011–2014)HistoryLaunch dateJune 15, 1945(78 years …

Indian actress Sangeetha KrishSangeetha in 2023BornSangeethaChennai, Tamil Nadu, IndiaOther namesRasika (Malayalam film industry)Deepthi (Kannada film industry)[1]Occupation(s)Actress, dancer, television presenterYears active1995–presentSpouse Krish ​(m. 2009)​ChildrenShivhiyaHonoursKalaimamani (2020)[2] Sangeetha is an Indian actress, dancer, television presenter and reality show judge who predominantly appears in Tamil, Telugu and Malaya…

Not to be confused with Edward D. Jones of Edward Jones Investments.American statistician, Dow Jones co-founder Edward Davis JonesBorn(1856-10-07)October 7, 1856Worcester, Massachusetts, U.S.DiedFebruary 16, 1920(1920-02-16) (aged 63)New York City, U.S.Resting placeHope Cemetery Worcester, Massachusetts, U.S.EducationBrown UniversityOccupation(s)Statistician, Journalist Edward Davis Jones (October 7, 1856 – February 16, 1920)[1] was an American statistician and journalist.[2&#…

Questa voce sugli argomenti montagne d'Italia e montagne della Svizzera è solo un abbozzo. Contribuisci a migliorarla secondo le convenzioni di Wikipedia. Segui i suggerimenti del progetto di riferimento. Monte LimidarioLa cima vista da Malesco, Val VigezzoStati Italia  Svizzera Regione Piemonte Ticino Provincia Verbano-Cusio-Ossola Altezza2 188 m s.l.m. Prominenza1 238 m Isolamento13,8 km CatenaAlpi Coordinate46°07′24.1″N 8°38′52.9…

Kembali kehalaman sebelumnya