Franklin Roosevelt Park (gewoonlik verkort tot Roosevelt Park) is in Maart 1948 uitgelê op die plaas Waterval. Dit is veral bedoel vir soldate wat in die Tweede Wêreldoorlog geveg het en met hul terugkeer in Suid-Afrika behuisingsnood ervaar het. Dis genoem na die Amerikaanse president Franklin D. Roosevelt. Die plaaslike Engelsmediumhoërskool het ook die voorstad se verkorte naam aangeneem, Roosevelt High School.
Bronne
(en) Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.