Die Galápagos-eilande (Spaans: Islas Galápagos [ˈislas gaˈlapaɣos], van galápago, "saal"—na die doppe van die Galápagos-skilpaaie, amptelik Archipiélago de Colón) is 'n argipel bestaande uit vulkaniese eilande wat om die ewenaar versprei is, 906 kilometer (563 myl) wes van kontinentale Ecuador in die Stille Oseaan (0° O, 91° W). Die groep bestaan uit 13 hoofeilande, ses kleiner eilande, 107 rotse en baie klein eilande.
Die Galápagos-eilande is geleë op 'n geologiese brandpunt: 'n plek waar die aarde se kors van benede deur 'n opwelling van abnormaal warme rots binne-in die aarde se mantel gesmelt word en vulkane gevorm word. Daar word gereken dat die oudste eiland tussen 5 en 10 miljoen jaar gelede gevorm is. Die jongste eilande, Isabella-eiland en Fernandina-eiland, is steeds besig om gevorm te word, met die mees onlangse vulkaniese uitbarsting in 2005.
Die Galápagos-argipel vorm 'n provinsie van Ecuador, 'n land in Noordwes-Suid-Amerika en die eilande is almal deel van Ecuador se nasionale parkstelsel.
Die eilande is beroemd vir hulle tallose endemiese spesies en die studies deur Charles Darwin wat tydens die reistog van die Beagle daar uitgevoer is. Dié studies het bygedra tot die vorming van Darwin se teorie van evolusie deur natuurlike seleksie. Die Galápagos-eilande is in 1978 deur UNESCO as wêrelderfenisgebied gelys.
Eilande
Groter eilande
Eilande met 'n oppervlakte van meer as een vierkante kilometer: