In 1983 het die kerkraad die argitek Albert Monteith, wat ook verantwoordelik was vir die Gereformeerde kerk Brackenhurst, opdrag gegee om ’n doelmatige kerkgebou met sewe katkisasielokale te ontwerp. Vir dié doel het die gemeente ’n erf aangekoop wat uitkyk op ’n natuurreservaat. Op 24 Augustus1985 is Wilropark se kerkgebou amptelik in gebruik geneem. Weens ’n geldtekort kon die gemeente nie hul planne vir ’n klok, orrel en die katkisasielokale uitvoer nie, maar hulle kon wel ’n tweedehandse Ahlbon-orrel aankoop, wat in 1994 plek gemaak het vir ’n elektroniese Allen-orrel. Dié instrument se luidsprekers is in die vorm van ’n kruis voor in die kerk aangebring.
Van Rhyn, dr. Hercules Philippus Malan, 1998–2004 (oorgekom vanaf Witpoortjie)
De Bruyn, Albertus Stefanus Andries, 2005 – hede
Bronne
(af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.