In beide die Oosters-Ortodokse Kerk en Rooms-Katolieke Kerke volgens die Bisantynse Ritus word hierdie dag "Helder Maandag" of "Maandag van Vernuwing" genoem. Die liturgiese dienste, nes tydens die hele Helder Week, is heelwat anders as gedurende die res van die jaar en is soortgelyk aan die liturgiese dienste wat op Paasfees (die Paassondag) gehou word; dit sluit 'n optog volgens die Goddelike Liturgie in; terwyl dit vir elke dag van hierdie week voorgeskryf is, word dit dikwels net op Maandag gehou en dalk die een of ander dag in parogiale kerke, veral in nie-Ortodokse lande. Wanner die feesdag van 'n belangrike heilige, byvoorbeeld Sint Joris, of 'n beskermheilige van 'n kerk of een se naamdag in die Heilige Week op op Paassondag val, word die feesdag op Paasmaandag gevier.[7][8]
Die Siries-Ortodokse Kerk herdenk op Paasmaandag al die siele van dié wat gedurende die vorige jaar oorlede is.[9]
In Westerse lande
Vroeër het die feestlikhede ná Paasfees 'n week van sekulêre vieringe ingesluit, maar gedurende die 19de eeu is dit in die meeste lande na net een dag verminder. Van die tradisionele gebeurtenisse sluit in eierrol en, veral in Rooms-Katolieke lande, die besprinkeling van ander mense met water, wat tradisioneel die dag voorheen tydens die Heilige Mis op Paassondag met heilige water geseën en tuis toe geneem is om die huis en kos te seën.
Datums
Die datum van Gesinsdag word, nes baie ander feeste en herdenkings van die liturgiese jaar, volgens die Paasfeesdatum bereken. Vervolgens word Gesinsdag op die dag ná Paassondag gehou. Die vroegste moontlike datum volgens die Gregoriaanse kalender is 23 Maart en die laaste moontlike is 26 April. In die Juliaanse kalender, wat veral deur die Oosters-Ortodokse Kerke gebruik word, verskil dié datum effens.
↑(fr) "Les jours feries". all-andorra.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Maart 2019. Besoek op 9 April 2020.
↑(en) "Public holidays". australia.gov.au. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2020. Besoek op 9 April 2020.
↑(fr) "Jours fériés". Gouvernement du Canada, Agence du revenu du Canada, Direction générale des services aux contribuables et de la gestion des créances, Direction des services aux contribuables. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 April 2020. Besoek op 9 April 2020.