Die Hartbeesspruit is 'n rivier in Gauteng, Suid-Afrika. Die Moreletaspruit[1] sluit by die Hartbeesspruit aan, hierna vloei dit in 'n noordoostelike rigting tot in die Roodeplaatdam.
'n Tweede Hartbeesspuit ontspring oos van Moloto (naastenby 25°29′03″S 28°45′40″O / 25.48415°S 28.76117°O / -25.48415; 28.76117) in Mpumalanga, en vloei dan wes van Moloto in die Elandsrivier, Gauteng (by 25°27′04″S 28°34′46″O / 25.45111°S 28.57944°O / -25.45111; 28.57944), voor dit stroomaf deur die Rust de Winterdam opgedam word. Hierdie Hartbeesspuit se sytakke is die Loopspruit en Klipspruit.
Verwysings