Hendrik, bekend as die Jong Koning (28 Februarie 1155 – 11 Junie 1183), was die tweede van vyf seuns van Hendrik II van Engeland en Eleonore van Akwitanië.
Kroning
Hendrik se oudste broer, Willem, is jonk dood en Hendrik is in 1170 as mede-koning van sy pa gekroon. Omdat hy nooit koning in eie reg was nie, is hy bekend as "Hendrik die Jong Koning" en nie as Hendrik III nie. In teorie sou Hendrik die Engelse troon van sy pa geërf het, sy broer Richard sy ma se besittings, sy broer Godfried Bretagne en sy broer Jan sou Lord van Ierland geword het. Hendrik II het egter sy erflating voortdurend verander en dit het gelei tot jaloesie en aggressie onder sy seuns.
Opstand
In 1173 het Hendrik II se seuns teen hom in opstand gekom om die grond te probeer bekom wat aan hulle belowe is. Hulle is ondersteun deur Frankryk en hulle ma, Eleonore van Akwitanië, vir wie Hendrik daarna vir 15 jaar onder huisarres laat plaas het. Nadat die jong Hendrik in 1183 dood is ná ’n opstand teen sy pa, het sy broer Godfried in 1186 gesterf. Sy broer Richard het sy pa op 4 Julie 1189 verslaan. Ná die verraad van Hendrik II se gunsteling-seun, Jan, het Hendrik die stryd gewonne gegee. Hy is op 7 Julie in die Kasteel van Chinon dood en is deur sy seun Richard opgevolg.
Huwelik
Hendrik het in 1160 getrou met Margaretha (1158–1197), oudste dogter van Lodewyk VII van Frankryk, maar hulle het nie kinders gehad nie.
Verwysings
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel nl:Hendrik II van Maine
|
---|
|
Betwiste heersers se naam is kursief |