Sajed Jamal al-Din al-Afghani,[4][5][6] ook bekend as sajed Jamal ad-Din Asadabadi[7] (Persies: سید جمالالدین اسدآبادی) en algemeen bekend as Al-Afghani (1838/1839 – 9 Maart 1897), was ’n politieke aktivis en Islamitieseideoloog wat laat in die 19de eeu deur die Moslemwêreld gereis het. Hy was een van die stigters van Islamitiese modernisme[8][9] sowel as ’n voorstander van Pan-Islamitiese eenheid in Europa en Hindoe-Moslem-eenheid in Indië.[4][10] Van hom is gesê hy was minder geïnteresseerd in klein verskille in Islamitiese regswetenskap as in die organisering van ’n verenigde teenvoeter vir Westerse druk.[11]
Hy is ook bekend vir sy betrokkenheid by sy volgeling Mirza Reza Kermani in die suksesvolle sluipmoord op sjahNaser al-Din van Persië, wat volgens Al-Afghani te veel toegewings aan buitelandse magte gedoen het, veral aan die Britse Ryk.[12]
Verwysings
↑Nikki R. Keddie, Ibrahim Kalin (2014). "Afghānī, Jamāl al-Dīn". The Oxford Encyclopedia of Philosophy, Science, and Technology in Islam. Ed. Ibrahim Kalin. Oxford: Oxford University Press.
↑ 3,03,1Nikki R. Keddie, Nael Shama (2014). "Afghānī, Jamāl al-Dīn al-". The Oxford Encyclopedia of Islam and Politics. Ed. Oliver Leaman. Oxford University Press.
↑ 4,04,14,2"Afḡānī, Jamāl-Al-Dīn" (in Engels). Encyclopaedia Iranica. 22 Julie 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2019. Besoek op 19 Oktober 2019.
↑"Afghan, Jamal ad-Din al-". Oxford Centre for Islamic Studies. Oxford University Press. Besoek op 5 September 2010.
↑Stéphane A. Dudoignon; Hisao Komatsu; Yasushi Kosugi (2006). Intellectuals in the Modern Islamic World: Transmission, Transformation, Communication. New horizons in Islamic studies. Taylor & Francis. p. 42. ISBN0-415-36835-9.
↑"Jamal ad-Din al-Afghan" (in Engels). Jewish Virtual Library. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Desember 2016. Besoek op 5 September 2010.