Kalsiet
|
|
Yslandspaat
|
Formule |
CaCO3
|
Onsuiwerhede |
Mn,Fe,Zn,Co,Ba,Sr,Pb, Mg,Cu,Al,Ni,V,Cr,Mo
|
Nickel-Strunz (10) |
5.AB.05
|
Kleur |
kleurloos, wit, geel, rooi, oranje, blue, groen, bruin, pers
|
Streep |
wit
|
Glans |
glasagtig, wasagtig, pêrelagtig [1]
|
Hardheid |
3 (Mohs)
|
Digtheid |
2,7102(2) g/cm3
|
Optiese eienskappe
|
Dubbelbreking |
eenassig (-)
|
RI-waardes |
nω = 1.640 - 1.660 nε = 1.486
|
Kristallografie
|
Kristalsisteem |
trigonaal
|
Ruimtegroep |
R3c
|
Strukturbericht-kode |
G0₁
|
Nommer |
167
|
Eenheidsel |
a = 4.9896(2) Å, c = 17.061(11) Å (heksagonaal)
|
|
* Lys van minerale
|
Portaal Geologie
|
Kalsiet (ook bekend as kalkspaat) is 'n mineraal met formule CaCO3. Dit is een van die vorms waarin kalsiumkarbonaat as mineraal aangetref word. Die ander een is aragoniet.
Struktuur
Die kristalstruktuur van kalsiet is romboëdries en dit is die argetipe van die G0₁-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie
In heksagonale beskrywing is die eenheidsel a = 4,99, b= 4,99 en c= 17,002 Å met gamma = 120 °. Die atoomposisies is:[2]
- Ca op (0,0,0)
- C op (0,0,¼)
- O op (x,0,¼) x=0,2593
Die struktuur kan as afgelei van die haliet-struktuur (B1) beskou word, deur die Cl-anione met karbonaatione te vervang en die struktuur in die rigting van een van die liggaamsdiagonale af te plat. Die kalsietstuktuur in eenassig en sy dubbelbreking is taamlik sterk. Dit was groot kristalle van Ysland wat tot die ontdekking van dubbelbreking gelei het
Verwysings
Eksterne skakels