Maastricht (Limburgs: Mestreech) is 'n stad en munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Limburg. Dit is die hoofstad van hierdie provinsie en die oudste stad van Nederland. Maastricht is in die suide van Limburg geleë en die Maasrivier loop deur die stad. Maastricht grens in die weste aan die Belgiese provinsie Limburg en in die suidweste vir 'n klein deel aan die Belgiese provinsie Luik. Die munisipale gebied het sowat 120 000 inwoners (2011) en 'n oppervlakte van 60 km². Dit is 'n studentestad, met universiteitsgeboue deur die stad versprei, asook ander tersiêre opleidingsentrums.
Geskiedenis
Die geskiedenis van Maastricht het al voor die Christelike jaartelling begin. Dit is nie bekend hoe die stad in die tyd van die Romeinse Ryk geheet het nie, maar teen die Middeleeue was die stad eers as Traiectum beken, daarna Mosa Traiectum, toe Masetrieth (1051) en uiteindelik Maastricht.
In die begin van die 19de eeu het die grootskaalse industrialisering van Maastricht en Wallonië plaasgevind, veral weens die destyds nuwe funksie van Maastricht as produsent van keramiek. Sedert die einde van die 1980's word internasionale konferensies gereeld in Maastricht aangebied. Op 7 Februarie1992 is die Verdrag van Maastricht, oor die oprigting van die Europese Unie, in Maastricht onderteken.
Geboortes
Peter Debye (1884–1966), Nederlands-Amerikaanse fisiese chemikus