Pous Benedictus XI[1] is gebore as Niccolò Boccasini in 1240 in Treviso, Italië. Hy sluit hom aan by die orde van die Dominikane en studeer en doseer teologie. In 1286 word hy provinsie-leier van die orde in Lombardye. In Mei 1296 word hy magister-generaal van die Dominikane. Hy was 'n kragtige verdediger van die beleid van Pous Bonifatius VIII en die pous bevorder hom tot kardinaal in 1298. Op 22 Oktober1303 volg hy Pous Bonifatius VIII op en regeer tot sy dood op 7 Julie1304. Hy word opgevolg deur Pous Clemens V. Die naam ‘Benedictus’ beteken 'geseënde’.
Pontifikaat
Pous Benedictus XI[2] het verwikkel geraak in konflikte met die kardinale van die Colonna-familie. Weens die spanning wat die konflikte veroorsaak het, het hy in 1304Rome verlaat en na Perugia gegaan. Hy het toegewings gemaak aan koning Philip IV (die Skone) van Frankryk en die bul “Cleris Laicos” amper volledig teruggetrek, maar het Guillaume de Nogaret en sy helpers, wat die aanslag op Pous Bonifatius VIII gepleeg het by Anagni, op 7 Junie1304geëkskommunikeer. Hy het ook die bul “Super cathedram” wat die bedelordes verbied het om te preek en bieg te hoor, teruggetrek.
Pous Benedictus X word deesdae as 'n teenpous beskou. In Pous Benedictus XI se tyd was dit egter nie so nie. Dit is die rede hoekom Pous Benedictus XI die getal XI en nie X gekies het om sy naam aan te dui. Dit het dan ook al die volgende Benedictus pouse se nommer met een aangeskuif.
Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0300091656.
Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0500017980.
↑Waldron, M.A. (1907). Pope Benedict XI. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek op 4 Januarie 2009 by http://www.newadvent.org/cathen/02429c.htm
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Benedictus XI.
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel: