Die wêreld se 77ste grootste eiland en die 19de grootste eiland van Kanada
Prins-Charles-eiland (Engels: Prince Charles Island), die wêreld se 77ste grootste eiland en die 19de grootste eiland van Kanada, beslaan 'n oppervlakte van 9 521 km². Die eiland is in die noorde van Kanada in die Arktiese Oseaan geleë en maak deel uit van die gebiedNunavut. Prins-Charles-eiland behoort tot die Kanadese Arktiese Argipel en lê net wes van Baffin-eiland; verder wes is die Melville-skiereiland geleë. Die eiland is in 1932 deur W. A. Poole ontdek, in 1948 deur Albert-Ernest Tomkinson herontdek en genoem na Charles III, wat in dié jaar gebore is.