Die Sahrawis (Arabies: صحراويون, ṣaḥrāwīyūn, letterlik: "bewoners van die Sahara" of "woestynbewoners"; Berbers: ⵉⵙⴻⵃⵔⴰⵡⵉⵢⴻⵏ, Iseḥrawiyen; Frans: Sahraoui; Spaans: Saharaui) is 'n Arabieseetniese groep inheems aan die westelike gedeeltes van die Sahara, insluitende Wes-Sahara (opgeëis deur die Polisario en hoofsaaklik onder die gesag van Marokko), dele van Suid-Marokko, Noord-Mauritanië en die uiterste suidweste van Algerië.
Soos by die meeste groepe van die Sahara is die Sahrawis-kultuur gemeng. Dit toon hoofsaaklik Arabies-Berberse eienskappe, soos die bevoorregte posisie van vroue (Matriargie),[17] sowel as eienskappe wat gemeen is aan etniese groepe van die Sahel. Sahrawis bestaan uit baie stamme en is hoofsaaklik sprekers van die Hassanija-dialek van Arabies en sommige van hulle praat nog steeds Berbertale in beide Marokko se betwiste en nie-betwiste gebiede.[18]
↑"Saharawi in Algeria" (in Engels). Joshua Project. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 November 2018. Besoek op 31 Oktober 2018.
↑"Algeria Fact Sheet" (in Engels). VN se hoë kommissaris vir vlugtelinge. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Julie 2018. Besoek op 31 Oktober 2018.
↑"Algeria" (in Engels). VN se hoë kommissaris vir vlugtelinge. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Mei 2020. Besoek op 31 Oktober 2018.