Share to: share facebook share twitter share wa share telegram print page

Spraakbond

ʼn Spraakbond (ook aangedui met die Duitse woord "Sprachbund") is 'n groep tale wat op een of ander manier gelyksoortig geraak het as gevolg van geografiese nabyheid en taalkontak. Hulle kan geneties onverwant wees, of net verlangs verwant. Waar genetiese verwantskappe onduidelik is, kan die spraakbondkarakteristieke 'n valse beeld van verwantskap weergee. Oppervlakte-eienskappe is verwante eienskappe van ʼn groep tale in 'n spraakbond.

Geskiedenis

In 'n 1904-verhandeling beklemtoon Jan Baudouin de Courtenay die behoefte om te onderskei tussen taalooreenkomste wat ontstaan uit 'n genetiese verwantskap en die wat ontstaan uit konvergensie as gevolg van taalkontak.[1] Die term Spraakbond/Sprachbund, 'n leenvertaling vanaf die Russiese term языковой союз (jazikowoi sojoez), is deur Nikolai Trubetzkoy bekend gestel in 'n artikel in 1923. In 'n verhandeling wat voorgelê is tydens die 1ste Internasionale kongres vir Linguistiek in 1928, definieer Trubetzkoy 'n spraakbond as 'n groep tale met ooreenkomste in sintaksis, morfologiese struktuur, kulturele woordeskat en klanksisteme, maar sonder sistematies grondige ooreenkomste, gedeelde basiese morfologie of gedeelde basiese woordeskat.[1] Latere vakgeleerdes, beginnende by Trubetzkoy se kollega Roman Jakobson, het die vereistes van ooreenkomste in al vier die gebiede deur Trubetzkoy gestipuleer, verslap.[2][3][4]

In teenstelling beskryf 'n spraakgebied, ook bekend as 'n dialekkonitnuum, 'n groep geneties verwante dialekte wat regoor 'n geografiese gebied gepraat word, en slegs minimaal verskil tussen gebiede wat geografiese nabygeleë is, en geleidelik minder wedersyds verstaanbaar raak soos die afstand vergroot.

Verwysings

  1. 1,0 1,1 Chirikba, Viacheslav A. (2008), "The problem of the Caucasian Sprachbund", in Muysken, Pieter, From linguistic areas to areal linguistics, John Benjamins Publishing, pp. 25–94, ISBN 978-90-272-3100-0. 
  2. Tuite, Kevin (1999), "The myth of the Caucasian Sprachbund: The case of ergativity", Lingua 108 (1): 1–29, doi:10.1016/S0024-3841(98)00037-0, http://www.mapageweb.umontreal.ca/tuitekj/publications/TuiteSprachbund.pdf. 
  3. Thomason, Sarah (2000), "Linguistic areas and language history", in Gilbers, Dicky; Nerbonne, John; Schaeken, Jos, Languages in Contact, Amsterdam: Rodopi, pp. 311–327, ISBN 978-90-420-1322-3. 
  4. Campbell, Lyle (2002), "Areal Linguistics: a Closer Scrutiny", 5th NWCL International Conference: Linguistic Areas, Convergence, and Language Change, archived from the original on 13 Maart 2012, https://web.archive.org/web/20120313032531/http://www.linguistics.utah.edu/Faculty/oldFacultyPages/campbell/CampbellArealLingEnc.doc, besoek op 30 September 2013. 
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
Kembali kehalaman sebelumnya