Umaru Yar'Adua (16 Augustus 1951 - 5 Mei 2010) was die leier van Nigerië se People's Democratic Party (PDP). Hy was Nigerië se 13de president. Nadat hy behandeling vir perikarditis in Saoedi-Arabië ontvang het, het hy na Nigerië teruggekeer waar hy in 2010 oorlede is.