Die Wehrmacht (Duits: [ˈveːɐ̯maxt] luister (hulp·inligting), letterlik: "Weermag") was die naam van die gewapende magte van Nazi-Duitsland van 1935 tot 1946. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die Wehrmacht bestaan uit die Duitse Leër, die mariene (Kriegsmarine), die lugmag (Luftwaffe), en die de facto-Waffen-SS.
Voor die opkoms van die Nasionaal-Sosialistiese Duitse Werkersparty (NSDAP) was die term Wehrmacht as 'n algemene term gebruik om na die gewapende magte van die nasie te verwys en gebruik as die "tuisverdediging" van die meer algemene Streitmacht. Daar sou bv. na die Suid-Afrikaanse Leër verwys word as die Südafrikanische Wehrmacht. Artikel 47 van die Weimar Grondwet van 1919 verklaar dat "Der Reichspräsident hat den Oberbefehl über die gesamte Wehrmacht des Reiches" (betekenis: "Die Rykspresident het die opperbevel oor alle gewapende magte in die Ryk"). Ter onderskeiding was die term Reichswehr oor die algemeen gebruik om die Duitse Leër te identifiseer.
In 1935 is die Reichswehr hernoem na die Wehrmacht. Na die Tweede Wêreldoorlog en na die Geallieerde besetting van Duitsland is die Wehrmacht ontbind. Na die hermilitarisering van Wes-Duitsland in 1955 was die nuwe leër bekend as die Bundeswehr. Oos-Duitsland se leër, formeel gestig in 1956, was bekend as die Nationale Volksarmee. Na Oos-Duitsland met Wes-Duitsland herenig is in 1990 het 'n groot deel van die Volksarmee se eiendom en sommige van sy personeel aan die Bundeswehr behoort.
Dus verwys die term Wehrmacht gewoonlik na die Duitse leër tydens die Derde Ryk-era en die Tweede Wêreldoorlog.