20 Januarie
20 Januarie is die twintigste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 345 dae in die res van die jaar (346 in skrikkeljare).
Gebeure
Geboortes
- 1654 – Michiel de Swaen, Nederlandse snydokter († 1707).
- 1741 – Carolus Linnaeus, Sweedse plantkundige en bioloog († 1783).
- 1775 – André-Marie Ampère, Franse fisikus († 1836).
- 1812 – Adrian Roux, tweede leraar van die NG Kerk wat in Suid-Afrika georden is († 1884).
- 1831 – Piet Joubert, Boerekryger († 1900).
- 1855 – Ernest Chausson, Franse Romantiese komponis († 1899).
- 1894 – Walter Piston, Amerikaanse komponis († 1976).
- 1927 – Helen Elliot, Skotse tafeltennisspeler († 2013).
- 1928 – Antonio de Almeida, Franse dirigent en musikoloog († 1997).
- 1930 – Buzz Aldrin, Amerikaanse ruimtevaarder.
- 1934 – Hennie Aucamp, Afrikaanse skrywer († 2014).
- 1946 – David Lynch, Amerikaanse regisseur.
- 1953 – Jeffrey Epstein, Amerikaanse finansier en seksuele misdadiger († 2019).
- 1956 – Bill Maher, Amerikaanse akteur.
- 1961 – Elzabé Zietsman, Suid-Afrikaanse kabaretster.
- 1963 – Kris van Steenberge, Vlaamse skrywer.
- 1963 – David Baszucki, 'n Amerikaanse entrepreneur, ingenieur en uitvinder.
- 1965 – Sophie, Gravin van Wessex, vrou van prins Edward van die Verenigde Koninkryk.
- 1972 – Nikki Haley, Amerikaanse politikus.
- 1975 – Zac Goldsmith, konserwatiewe Britse politikus.
- 1977 – Paul Adams, Suid-Afrikaanse krieketspeler.
- 1991 – Jolyon Palmer, Kanadese Formule Een-renjaer.
Sterftes
- 250 – Pous Fabianus, die 20ste pous (* 200).
- 842 – Keiser Theophilus van Bisantium (* 813).
- 1639 – Mustafa I, sultan van die Ottomaanse Ryk (* 1591 of 1592).
- 1859 – Bettina von Arnim, Duitse skryfster van die Romantiek (* 1785).
- 1891 – Kalãkaua, Hawaiise monarg (* 1836).
- 1896 – Prins Hendrik van Battenberg, morganatiese afstammeling van die Huis van Hesse (* 1858).
- 1936 – George V, koning van Groot-Brittanje (* 1865).
- 1943 – Ambrose Lomax, Suid-Afrikaanse apteker en fotograaf (* 1867).
- 1973 – Amílcar Cabral, 'n Kaapse Verdiese landboukundige, skrywer en politikus. (* 1924).
- 1984 – Johnny Weismuller, Amerikaanse swemmer en akteur - bekend vir sy rol as Tarzan (* 1904).
- 1990 – Barbara Stanwyck, Amerikaanse aktrise (* 1907).
- 1993 – Audrey Hepburn, Britse aktrise (* 1929).
- 2011 – Sexy Cora, Duitse pornografiese aktrise (* 1987).
- 2014 – Claudio Abbado, Italiaanse dirigent (* 1933).
- 2017 – Robert Anker, Nederlandse skrywer en digter (* 1946).
- 2018 – Paul Bocuse, Franse sjef, gastronoom en skrywer van kookboeke (* 1926).
- 2020 – Bicks Ndoni, Suid-Afrikaanse ANC-politikus en voormalige burgemeester van Uitenhage (* 1958).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met 20 Januarie. |
|
|