Share to: share facebook share twitter share wa share telegram print page

John F. Kennedy

John F. Kennedy
35ste President van die Verenigde State
Ampstermyn 20 Januarie 196122 November 1963
Voorganger Dwight D. Eisenhower
Opvolger Lyndon B. Johnson
Geboortedatum 29 Mei 1917
Geboorteplek Brookline, Massachusetts
Sterftedatum 22 November 1963 (op 46)
Sterfteplek Dallas, Texas
Eerste Dame Jacqueline Kennedy Onassis
Politieke party Demokraat
Visepresident Lyndon B. Johnson
Handtekening

John Fitzgerald Kennedy, afgekort JFK, (Brookline, Massachusetts, 29 Mei 1917Dallas, Texas, 22 November 1963) was van 20 Januarie 1961 tot sy sluipmoord op 22 November 1963 die 35ste president van die Verenigde State van Amerika. Ná Abraham Lincoln (1865), James Garfield (1881) en William McKinley (1901) is hy die vierde Amerikaanse president, wat vermoor is. Hy was die jongste president van die VSA wat in die amp oorlede is.[1] Daarbenewens was hy die eerste Amerikaanse president van Rooms-Katolieke geloof.

Vroeë lewe

John Fitzgerald Kennedy was die tweede seun van Joseph P. Kennedy (1888-1969), 'n uiters ambisieuse beursspekulant van Ierse afkoms en 'n gewese Amerikaanse ambassadeur in Brittanje. Joseph Kennedy, 'n miljoenêr van Boston, Massachusetts, het hom dit ten doel gestel om sy fortuin aan te wend om aan sy drie seuns, John, Robert en Edward, belangrike posisies in die Amerikaanse politiek te besorg. Nadat John sy studie aan die Universiteit van Harvard voltooi en as vlootoffisier aan die Tweede Wêreldoorlog deelgeneem het, is hy in 1946 as lid van die Demokratiese Party tot die Huis van Verteenwoordigers verkies.

Sy bewind

Ses jaar later het hy na 'n skouspelagtige verkiesingsveldtog senator vir Massachusetts geword. Sy uiters professionele verkiesingspan, die sogenaamde Ierse Mafia, is deur sy vader gefinansier. Kennedy het egter min belangstelling in sy senatorsamp getoon. Vir hom was dit net 'n stap tot die presidentskap. Sy eerste probeerslag was in 1956, toe hy hom beywer het om as die Demokratiese Party se kandidaat vir die vise-presidentskap aangewys te word. Die poging het misluk, maar die Demokratiese Party se kandidaat vir die presidentskap, Adlai E. Stevenson, is in elk geval deur Dwight Eisenhower oortuigend verslaan. In 1960 is Kennedy aangewys as die Demokratiese kandidaat vir die presidentskap en in die daaropvolgende verkiesing het hy die Republikeinse kandidaat, Richard Nixon, naelskraap geklop.

Hy het die 35e president van die VSA geword en ook die eerste Rooms Katoliek wat die amp beklee het. Op 43 was hy ook die jongste president in die Amerikaanse geskiedenis. Vanweë sy jeugdigheid, sjarme en intelligensie was Kennedy uiters gewild. Hy was getroud met die aantreklike Jacqueline Kennedy Onassis en saam het hulle die Amerikaanse selfvertroue van na die Tweede Wêreldoorlog gesimboliseer. Hy is ook as 'n buitengewone pragmatis beskou wat besluite op grond van praktiese oorwegings geneem het. Saam met hom het hy 'n groep jong, moderne adviseurs na Washington gebring en die sogenaamde Camelot-era in die Amerikaanse politiek ingelui. Hoewel Kennedy en sy raadgewers steeds die stryd teen die Kommunisme as hul belangrikste doelwit beskou het, is die "metode" wat in die stryd gebruik is, gemoderniseer. Groot klem is gelê op konvensionele bewapening aangesien Kennedy nie in sy stryd teen die Kommunisme in 'n kernwapenwedloop betrokke wou raak nie. Meer aandag is ook aan die bekamping van die Kommunisme in die Derde Wêreld bestee en 'n spesiale antiterroristetaakmag, die sogenaamde Green Berets, is gestig om beperkte Kommunistiese optredes in hierdie wêrelddele teen te staan. Daar is egter steeds voortgegaan met kernbewapening sodat die VSA sy militêre voorsprong bo die Sowjetunie kon behou.

Gebeure tydens Kennedy se presidentskap op die hoogtepunt van die Koue Oorlog sluit in: die Varkensbaai-inval (Bay of Pigs), die Kubaanse Missielkrisis, die bou van die Berlynse Muur, die ruimtewedloop, die Afro-Amerikaanse burgerregtebeweging en vroeë stadiums van die Viëtnamoorlog. Hy het ook aangekondig, dat die VSA nog voor die jaar 1970 'n mens op die maan sal plaas, wat met die maanlanding op 20 Julie 1969 gebeur het.

Kennedy se bewind het in 1961 met 'n growwe vergissing begin: die CIA, die Amerikaanse intelligensiediens, het 'n landing van uitgeweke Kubane wat teen die bewind van Fidel Castro gekant was, in die Bay of Pigs aan die Kubaanse kus georganiseer. Dit was veronderstel om die voorloper te wees van 'n algemene opstand teen Castro se bewind. Die plan het egter misluk en die invalsmag is reeds op die strand verslaan.

In dieselfde jaar het Kennedy egter knaphandig die neutralisasie van Laos bewerkstellig, maar die stryd in Viëtnam het geleidelik toegeneem in omvang. As deel van sy sogenaamde beperkingsbeleid (containment policy) teen die Kommunisme het Kennedy in Oktober 1961 besluit om die aantal Amerikaanse "adviseurs" in Viëtnam te vermeerder. Onder opeenvolgende bewinde het Amerikaanse betrokkenheid in Viëtnam geleidelik toegeneem totdat daar in een stadium meer as 'n halfmiljoen Amerikaanse soldate in Viëtnam geveg het. Nog steeds in sy eerste bewindsjaar is Kennedy gekonfronteer met 'n situasie wat hom in regstreekse konflik met die Sowjetunie geplaas het.

Die Sowjetunie het begin met die oprigting van die muur wat Oos- van Wes-Berlyn skei en gedreig om 'n afsonderlike vredesverdrag met Oos-Duitsland te sluit. Kennedy het onmiddellik sy weermag op 'n gereedheidsgrondslag geplaas en die Sowjetunie het afgesien van die vredesverdrag. Die muur, bekend as die Skandmuur, het vir 28 jaar lank die Kommunistiese deel van Berlyn van die Westerse deel van die stad geskei.

John F. Kennedy se toespraak voor die raadsaal van Schöneberg, Wes-Berlyn, op 26 Junie 1963
"Ich bin ein Berliner"

In Berlyn en Duitsland is Kennedy veral bekend vir sy Ich bin ein Berliner ("Ek is 'n Berlyner") wat hy op 26 Junie 1963 in Schöneberg ter ondersteuning van die Wes-Berlynse bevolking na die bou van die Berlynse Muur gesê het. Kennedy sterf op 22 November 1963 in 'n sluipmoordaanval tydens 'n verkiesingsbesoek aan Dallas. Hy is veral bekend vir sy uitdrukking: Ask not what your country can do for you; ask what you can do for your country tydens sy inhuldiging.[2][3]

Die Kubaanse missielkrisis

Die grootste toets waarvoor Kennedy egter gedurende sy bewind te staan gekom het, was die sogenaamde Kubaanse missielkrisis. In Oktober 1962 het Amerikaanse spioenasievliegtuie vasgestel dat Sowjetmissielbasisse in Kuba in aanbou was.

Dit het die VSA baie kwesbaar gemaak vir onverwagte missielaanvalle en Kennedy het 'n ultimatum aan die Sowjet-leier, Nikita Chroesjtsjof, gestel om die missiele te verwyder. Terselfdertyd het die VSA 'n vlootblokkade rondom Kuba opgestel. Net enkele ure voor die verstryking van die ultimatum het die Sowjetunie aan die Amerikaanse eise voldoen en 'n potensiële kernoorlog is afgeweer. Hierdie optrede van Kennedy word steeds beskou as sy grootste triomf en 'n bewys van sy staatsmanskap.

Te midde van hierdie konfrontasie het die betrekkinge tussen die VSA en die Sowjetunie tydens Kennedy se bewindsjare nietemin aansienlik verbeter in vergelyking met die Eisenhowerjare. ln 1963 is ʼn verdrag gesluit ingevolge waarvan kernproewe in die atmosfeer verbied is, en hierdie verdrag is deur baie beskou as die beëindiging van die Koue Oorlog.

Wat sy binnelandse beleid betref, was Kennedy veel meer liberaal as sy voorganger. Groot klem is gelê op die verbetering van sosiale toestande soos mediese sorg vir bejaardes, federale steun vir die onderwys en ander welsyndienste. Talle van hierdie planne het egter skipbreuk gely vanweë teenkanting van 'n konserwatiewe Kongres.

Kennedy was ook die grondlegger van die Amerikaanse ruimteprogram. Een van sy ideale was om voor die einde van die sestigerjare 'n Amerikaner op die maan te plaas - 'n onderneming wat geslaag het toe die ruimtevaarder Neil Armstrong in 1969 die eerste tree op die maan gegee het.

Sluipmoord

John F. Kennedy net minute voor sy sluipmoord
John F. Kennedy se begrafnis

John Kennedy is op 22 November 1963 in Dallas, Texas, deur 'n sluipmoordenaar, Lee Harvey Oswald doodgeskiet, een keer in die rug en een keer in die kop. Hy was 46 jaar oud. Lee Harvey Oswald was gearresteer vir die moord van polisieman J.D. Tippit, en is daarna aangekla van Kennedy se moord. Sy broer Robert is in Junie 1968 tydens sy veldtog om tot presidentskandidaat benoem te word, ook deur 'n sluipmoordenaar, Sirhan Sirhan, om die lewe gebring.

Verwysings

  1. (en) John F. Kennedy op whitehouse.gov
  2. (en) United States Congress Joint Committee on Inaugural Ceremonies. "Swearing-In Ceremony for President John F. Kennedy Forty-Fourth Inaugural Ceremonies, January 20, 1961". senate.gov. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2013. Besoek op 16 Februarie 2015.
  3. Yale University Law School. "Inaugural Address of John F. Kennedy" (in Engels). yale.edu. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2020.

Eksterne skakels

Voorafgegaan deur
Henry Cabot Lodge Jr.
Senator van die VSA (Klas 1) van Massachusetts
3 Januarie 1953 – 22 Desember 1960
Dien saam met: Leverett Saltonstall
Opgevolg deur
Benjamin A. Smith II

Read other articles:

坐标:22°12′34″N 114°01′51″E / 22.2095°N 114.0307°E / 22.2095; 114.0307 盛夏時的東灣泳灘 從觀音灣向西北眺望東灣 東灣(英語:Tung Wan)是一個位於香港新界長洲東岸的海灣,其東南面與觀音灣相連。 長洲東灣泳灘 長洲東灣泳灘(英語:Cheung Chau Tung Wan Beach)是長洲最大的泳灘,沙灘長而窄,行步全程約需15分鐘。距離長洲東灣泳灘不遠的為長洲另一泳灣:觀音

 

Satélite Transit-1A. El sistema TRANSIT, también conocido como NAVSAT ( Navy Navigation Satellite System), fue el primer sistema de navegación por satélite en funcionar. En su primera etapa, fue utilizado por la marina de los EE. UU para conseguir información precisa para el lanzamiento de misiles submarinos y para la navegación de los barcos y submarinos, también se utilizó para estudios topográficos, geotécnicos e hidrográficos. Días después del lanzamiento del Sputnik (URSS �...

 

仮面ライダーシリーズ 仮面ライダー鎧武/ガイム > 仮面ライダー×仮面ライダー ドライブ&鎧武 MOVIE大戦フルスロットル 仮面ライダードライブ > 仮面ライダー×仮面ライダー ドライブ&鎧武 MOVIE大戦フルスロットル MOVIE大戦シリーズ > 仮面ライダー×仮面ライダー ドライブ&鎧武 MOVIE大戦フルスロットル 仮面ライダー×仮面ライダードライブ&鎧...

Ilham Heydar oglu Əliyev İlham Əliyev in 2023 Geboren 24 december 1961 Geboorteplaats Bakoe, Azerbeidzjaanse SSR, Sovjet-Unie Partij Nieuw Azerbeidzjanpartij 4e president van Azerbeidzjan Ambtstermijn sinds 31 oktober 2003 Voorganger Heydər Əliyev Partner Mehriban Aliyeva Handtekening Portaal    Politiek Ilham Heydar oglu Əliyev[1] (Bakoe, Azerbeidzjaanse SSR, USSR, 24 december 1961) is sinds 31 oktober 2003 de 4e president van Azerbeidzjan. Hij is tevens het hoofd van...

 

Overseer of the SealOverseer of Sealed Thingsin hieroglyphs The Treasurer (or often also translated as Chancellor) in Ancient Egypt is the modern translation of the title imi-r ḫtmt (word by word: Overseer of the Seal or Overseer of sealed things). The office is known since the end of the Old Kingdom, where people with this title appear sporadically in the organization of private estates. In the Middle Kingdom, the office became one of the most important ones at the royal court. At the end ...

 

Cet article est une ébauche concernant la France et le Concours Eurovision de la chanson. Vous pouvez partager vos connaissances en l’améliorant (comment ?) selon les recommandations des projets correspondants. Franceau Concours Eurovision 2002 Données clés Pays  France Chanson Il faut du temps Interprète Sandrine François Langue Français Sélection nationale Radiodiffuseur France 3 Type de sélection Sélection interne Concours Eurovision de la chanson 2002 Position en fin...

Agency for Offices Administration of the Central Military Commission中央军委机关事务管理总局Agency overviewFormed2016TypeFunctional department of the Central Military CommissionJurisdictionPeople's Liberation ArmyHeadquartersMinistry of National Defense compound (August 1st Building), BeijingAgency executiveLiu Zhiming [zh], DirectorParent departmentCentral Military CommissionWebsitechinamil.com.cn Politics of China Leadership Leadership generations Succession of powe...

 

家宅侵入をテーマにしたサイレント短編映画『淋しい別荘(英語版)』(1909年) 1990年の映画『ホーム・アローン』は、家に取り残された少年と、家に侵入してきた泥棒の攻防を描いたコメディ映画である 家への侵入をテーマにした映画は数多くある。ポーラ・マランツ・コーエンは、「このような映画は、私的空間と公的空間の区別が失われることへの恐怖感の高ま�...

 

William Eustis William EustisWilliam Eustis 12º Governador de Massachusetts Período 31 de maio de 1823a 6 de fevereiro de 1825 Vice-governador Levi Lincoln, Jr. Marcus Morton Antecessor(a) John Brooks Sucessor(a) Marcus Morton (Interino) Membro da Câmara dos Representantes dos EUA pelo 1º, 8º e 13º distrito de Massachusetts Período 21 de agosto de 1820a 3 de março de 1823 Antecessor(a) Edward Dowse Sucessor(a) John Reed Jr. Período 4 de março de 1801a 3 de março de 1805 Antecessor(...

Highway in Illinois Interstate 290I-290 highlighted in redRoute informationAuxiliary route of I-90Maintained by IDOTLength29.84 mi[1] (48.02 km)Existed1978[2]–presentHistoryBuilt from 1955–1972[3][4] Signed as I-90 before 1978[5]NHSEntire routeMajor junctionsWest end I-90 Toll / IL 53 in Rolling MeadowsMajor intersections IL 53 in Elk Grove Village IL 390 Toll in Elk Grove Village I-355 in Itasca US 20...

 

كريم محسن حسن عضو مجلس النواب العراقي في المنصب2005 – 2010 معلومات شخصية اسم الولادة كريم محسن حسن اليعقوبي الميلاد القرن 20  مواطنة العراق  الديانة شيعة الحياة العملية المهنة سياسي  الحزب حزب الفضيلة الإسلامي العراقي تعديل مصدري - تعديل   كريم محسن حسن اليعقوبي وهو س...

 

1967 film by Michael D. Moore This article is about the 1967 American film. For the 1988 Russian-German film, see To Kill a Dragon. This article uses bare URLs, which are uninformative and vulnerable to link rot. Please consider converting them to full citations to ensure the article remains verifiable and maintains a consistent citation style. Several templates and tools are available to assist in formatting, such as reFill (documentation) and Citation bot (documentation). (September 2022) (...

Catholic school in Mayagüez, Puerto RicoAcademia de la Inmaculada ConcepciónAcademia Immaculatae ConceptionisHigh school building entrance during the centennial celebrations.AddressCarretera 108, Km 2.0 Miradero [1]Mayagüez, Puerto Rico 00681Coordinates18°12′58.29″N 67°08′20.05″W / 18.2161917°N 67.1389028°W / 18.2161917; -67.1389028InformationTypeCatholic schoolMottoUnidos venceremos, divididos caeremos.Established8 September 1905; 1...

 

Cypriot-Greek basketball player Christopher RazisRazis in action with Cyprus national teamNo. 32 – KeravnosPositionPoint guard / shooting guardLeagueCypriot LeaguePersonal informationBorn (1989-07-07) 7 July 1989 (age 34)Zürich, SwitzerlandNationalityCypriot / Greek / SwissListed height6 ft 4.25 in (1.94 m)Listed weight220 lb (100 kg)Career informationNBA draft2011: undraftedPlaying career2005–presentCareer history2005–2010Keravnos2010–2011ENAD20...

 

Portuguese ballet dancer, ballet teacher and choreographer Luna AndermattBorn1926Lisbon, PortugalDied5 November 2013 Aged 87LisbonNationalityPortugueseOccupation(s)Dancer and choreographerKnown forFounder of the National Ballet of Portugal Luna Andermatt (1926—2013) was a pioneer in dance and in ballet training in Portugal and one of the founders of the National Ballet of Portugal. Early life Maria Antónia Luna Andermatt was born in 1926. Her father was an army officer who died before...

1937 film PremiereDirected byGéza von BolváryWritten byFriedrich DammannHanns SchachnerMax WallnerProduced byFranz HoffermannWalter W. TrinksStarringZarah LeanderAttila HörbigerKarl MartellTheo LingenCinematographyFranz PlanerEdited byHermann HallerMusic byWilly Schmidt-GentnerProductioncompanyGloria-FilmDistributed byTobis-Sascha FilmRelease date 5 February 1937 (1937-02-05) Running time82 minutesCountryAustriaLanguageGerman Premiere is a 1937 Austrian musical crime film di...

 

American actor (born 1973) Not to be confused with Christian Borel. Christian BorleBorle at the 2014 Montclair Film FestivalBorn (1973-10-01) October 1, 1973 (age 50)Pittsburgh, Pennsylvania, U.S.EducationCarnegie Mellon University (BFA)Occupation(s)Actor, singer, dancerYears active1995–presentKnown forLegally BlondeSomething Rotten!Some Like It HotSpouse Sutton Foster ​ ​(m. 2006; div. 2009)​ Christian Dominique Borle (born Oct...

 

American engineer Sidney Howe Short1880Born(1857-10-08)October 8, 1857Columbus, Ohio, USDiedOctober 21, 1902(1902-10-21) (aged 45)London, EnglandBurial placeWoodlawn Cemetery (Bronx, New York)EducationOhio State UniversityOccupation(s)electrical engineer, inventor, and businessmanSpouse(s)Mary Frank Morrison, (married 1881-)RelativesJohn Thomas Short(brother)Walter Cowen Short (brother) Sidney Howe Short (October 8, 1857 – October 21, 1902) was an electrical engineer, inventor, physici...

Solly SeemanBornShulim Seeman(1902-02-26)February 26, 1902Lemberg, Austria-Hungary (now Lviv, Ukraine)DiedMarch 11, 1989(1989-03-11) (aged 87)Miami Beach, FloridaNationalityAmerican StatisticsWeight(s)LightweightStanceOrthodox Boxing recordTotal fights81Wins53Wins by KO10Losses13Draws13No contests2 Solomon Frederick Solly Seeman (February 26, 1902 – March 11, 1989) was the 1920 AAU National Featherweight Amateur Champion. He was a legitimate contender for the Lightweight Champion of th...

 

Place in Bosnia and HerzegovinaSarajevo Metropolitan Region Sarajevska Metropolitanska RegijaSatellite image of the Sarajevo Urban AreaCountry Bosnia and HerzegovinaThe Federation Sarajevo Canton Sarajevo Largest citySarajevo (275,524)Area • Metro3,351.28 km2 (1,293.94 sq mi)Population • Metro555,210 • Metro density165.7/km2 (429.1/sq mi)Time zoneUTC+1 (CET) The Sarajevo metropolitan area is the largest agglomeration in Bosnia ...

 
Kembali kehalaman sebelumnya