Katar word deur die Huis van Thani regeer sedert Mohammed bin Thani in 1868 'n verdrag met die Britte onderteken het waarin sy separate status erken word. Na die Ottomaanse heerskap het Katar aan die begin van die 20ste eeu 'n Britse protektoraat geword tot sy onafhanklikheid in 1971. In 2003 is die grondwet oorweldigend in 'n referendum goedgekeur, met byna 98% ten gunste daarvan.[6][7]
In 2022 is in Katar FIFA se 22ste Sokker-Wêreldbekertoernooi beslis, maar die toekenning is baie omstrede. Oorspronklik is ook die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2021 aan die land toegeken, maar dit is later weer deur FIFA teruggeneem. In 2019 het Katar vir die eerste keer die Asiatiese Nasiesbeker gewen.
Vanaf Katar se hoofstad Doha beeldsend die nuuskanaal Al Jazeera in die Arabiese wêreld uit. Qatar Airways is die nasionale vlagdraerlugredery met sy spilpunt op Hamad Internasionale Lughawe in Doha. Katar is sedert Junie 2017 onderhewig aan 'n diplomatiese en ekonomiese embargo deur Saoedi-Arabië, die Verenigde Arabiese Emirate, Bahrein en Egipte. Saoedi-Arabië het ook die bou van die Salwa-kanaal voorgestel, wat langs die gemeenskaplike grens sal loop en Katar as 't ware in 'n eilandstaat sal verander.
Verwysings
↑(en) "Population structure". Ministry of Development Planning and Statistics. 31 Januarie 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Junie 2018. Besoek op 4 Februarie 2019.
1. Land deels in Afrika. 2. Land deels in Europa. 3. Geografies in Asië, maar gereeld beskou as deel van Europa a.g.v. kulturele en historiese oorwegings.