Taalkundiges klassifiseer Malgassies as 'n Maleis-Polinesiese taal wat nou verwant aan die Ma'anyan-taal van die eiland Borneo in Indonesië is, byna 7000 km ver van Madagaskar. Malgassies het saam met immigrante uit Suidoos-Asië na Madagaskar gekom. Dit is ietwat minder verwant aan Indonesies en Maleis en het daarnaas nog 'n los verbintenis met die tale van die Filippyne, waaronder Cebuano en Tagalog. Malgassies het met verloop van tyd leenwoorde uit Arabies en Swahili, maar ook later van Engels en Frans oorgeneem.