Die Austronesiese tale is 'n taalfamilie met 'n groot verspreiding en omvat omtrent 1150 tale wat deur sowat 300 miljoen mense gepraat word. Volgens die aantal tale word die Austronesiese tale net deur die Niger-Kongo-tale oorskry en volgens die moedertaalsprekers se aantal vorm dit die vyfde grootste taalfamilie ter wêreld. Die verspreiding van die Austronesiese tale streek vanaf Madagaskar (Malgassies) in die weste tot die Paaseiland (Rapa Nui) in die ooste en vanaf Taiwan (Formosaans) en Hawaii (Hawais) in die noorde tot Nieu-Seeland (Māori) in die suide. Daarmee vorm dit ná die Indo-Europese tale die tweede mees verspreide taalfamilie ter wêreld. Die naam van dié taalfamilie is afgelei van Latynauster vir "suidewind" en Grieksnêsos vir "eiland".
Die Austronesiese tale bestaan uit twee takke, naamlik die Formosaanse tale wat net op Taiwan gepraat word en die wydverspreide Maleis-Polinesiese tale wat die meeste van die tale insluit. Die Formosaanse tale word in nege ondergroepe verdeel wat deur die inheemse bevolking gepraat word maar deur die uitbreiding van Chinees nou ernstig bedreig word. Die meeste taalkundiges stem ooreen dat die Austronesiese tale vanaf die eiland Taiwan in 'n suidelike rigting versprei het.[1]
Die grootste tale (volgens moedertaalsprekers) is: Javaans (85 miljoen), Maleis (40 miljoen), Soendanees (34 miljoen), Tagalog (24 miljoen), Indonesies (23 miljoen), Cebuano (16 miljoen), Ilokano (7 miljoen), Madoerees (6,8 miljoen), Hiligaynon (5,8 miljoen), Boeginees (5,5 miljoen), Minangkabau (5,5 miljoen), Atjehs (3,5 miljoen), Balinees (3,5 miljoen), Bandjarees (3,5 miljoen), Waray-Waray (2,5 miljoen), Kapampangan (2 miljoen) en Pangasinan (1,2 miljoen). Elkeen van die Austronesiese tale met meer as 'n miljoen moedertaalsprekers behoort tot die Maleis-Polinesiese taalgroep. Daarbenewens staan tale soos Hawais met 1 000, Māori met 157 110 en Samoaans met 360 000 moedertaalsprekers.
(en) Terrell, John Edward (Desember 2004). "Introduction: 'Austronesia' and the great Austronesian migration". World Archaeology. 36 (4): 586–590. doi:10.1080/0043824042000303764. {{cite journal}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)