Share to: share facebook share twitter share wa share telegram print page

Paleosiberiese tale

Paleosiberiese tale
Geografiese
verspreiding:
Noord-Asië, Oos-Asië
Genetiese
klassifikasie
:
Paleosiberies
 Paleosiberiese tale
Onderafdelings:
Tsjoekotko-Kamtsjatkaans
Nivkh
Joekaghir
Jenisei

Die Paleosiberiese tale (afgelei van Grieks: παλαιός palaios, "antiek") vat verskeie geïsoleerde tale en klein taalfamilies saam wat in dele van die noordoostelike Siberië en die Russiese Verre Ooste gebesig word. Hulle toon geen bekende onderlinge genetiese verwantskap nie; hul enigste gemeensame kenmerk is dat hulle voor die koms van ander tale in hierdie gebiede gebesig is maar later deur ander tale verdring is, veral Toengoesies en later Turkse tale. In onlangse tye is ook die Turkse (veral in Siberië) en veral die Toengoesiese tale op hul beurt deur Russies verdring.

Die Paleosiberiese tale bevat omtrent tien tale wat deur sowat 11 000 mense gebesig word. Al die tale is ernstig bedreig.

Algemeen word die volgende taalfamilies as Paleosiberiese tale beskou:[1]

  • Jenisei-tale
  • Joekaghir-tale
  • Tsjoekotko-Kamtsjatkaanse tale
  • Nivkh of Giljakies

Sommige taalkundiges beskou Ainoe en die Eskimo-Aleoetiese tale ook as Paleosiberiese tale:

Verwysings

  1. (en) Campbell, Lyle; Mixco, Mauricio J. (2007). A Glossary of Historical Linguistics. Edinburgh University Press. p. 148. ISBN 978 0 7486 2378 5.

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Kembali kehalaman sebelumnya