Kalenders
|
|
Die Stroudley Terrier, 'n lokomotief uit 1880 van die tipe LB&SCR A1 Klasse 82 Boxhill
|
|
Die jaar 1880 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 80ste jaar van die 19de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure
Geboortes
- 26 Januarie – Douglas MacArthur, 'n generaal in die Amerikaanse Weermag († 1964).
- 23 Februarie – Ida Darling, Amerikaanse aktrise († 1936).
- 8 Maart – Elsie van Broekhuizen, Suid-Afrikaanse predikantsvrou en kleindogter van Paul Kruger († 1945).
- 24 April – Gideon Sundback, Sweedse uitvinder, word geassosieer met sy werk in die ontwikkeling van die ritssluiter († 1954).
- 4 Mei – Bruno Taut, Duitse argitek en stadsbeplanner († 24 Desember 1938)
- 22 Mei – Ernest Oppenheimer, Suid-Afrikaanse mynmagnaat. († 25 November 1957)
- 27 Junie – Helen Keller, Amerikaanse skryfster, aktivis en dosent († 1968).
- 29 Junie – Ludwig Beck, Duitse generaal († 1944).
- 24 Julie – Ernest Bloch, Amerikaanse komponis van Switserse afkoms († 1959).
- 31 Augustus – Wilhelmina, koningin van Nederland († 1962).
- 27 September – Jacques Thibaud, Franse violis († 1953).
- 12 Oktober – Ernest Frederick Watermeyer, Hoofregter van die Unie van Suid-Afrika († 1958).
- 24 Oktober – Tom Santschi, Amerikaanse akteur en regisseur († 1931).
- 1 November – Alfred Wegener, Duitse meteoroloog en geofisikus († 1930).
- 2 November – Fritz Achterberg, Duitse toneelspeler († 1971).
- 6 Desember – Philippus Arnoldus Myburgh, die sesde administrateur van die Kaapland († 1946)
- 28 Desember – C. Louis Leipoldt, Afrikaanse digter († 12 April 1947).
- 31 Desember – George C. Marshall, was 'n Amerikaanse vyfster-generaal († 1959).
Sterftes