1964
Kalenders
|
|
Die Beatles
|
|
Die jaar 1964 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 64ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure
- 1 Januarie – Die Federasie van Rhodesië en Njassaland word ontbind.
- 1 Januarie – Prof HJJ (Hennie) Bingle aanvaar diens as rektor van die PU vir CHO.
- 29 Januarie - 9 Februarie – Die negende Olimpiese Winterspele word in Innsbruck, Oostenryk, aangebied.
- 30 Januarie – Die onbemande ruimtetuig Ranger 6 word lanseer.
- 27 Maart – Die Goeie Vrydag-aardbewing, die kragtigste aardbewing in die geskiedenis van die VSA met 'n Richterskaal lesing van 9,2 tref Suid Sentraal Alaska, 125 mense sterf en grootskaalse skade aangerig aan die stad Anchorage.
- 8 April – Gemini 1 word lanseer, die eerste sending van die Gemini-program.
- 26 April – Tanganjika en Zanzibar smelt saam om Tanzanië te vorm.
- 17 Junie – Nico Malan, Kaapland se administrateur, wy die gebou van die Hoërskool Groote Schuur, Kaapstad in.
- 21 Junie – Lede van die Ku Klux Klan vermoor die burgerreg-aktiviste Andrew Goodman, James Cheney en Mickey Schwerner, in Mississippi, Verenigde State van Amerika.
- 27 Junie – Etienne Leroux ontvang die Hertzogprys vir Sewe Dae by die Silbersteins.
- Julie – Die eerste Craven-week word aangebied.
- 4 Julie – IBM kondig die System/360 aan.
- 6 Julie – Malawi word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 28 Julie – Ranger 7 word gelanseer op sy tog na die maan.
- 31 Julie – Ranger-program: Ranger 7, onbemande ruimtetuig bots teen die maan.
- 21 September – Malta word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 27 September – Die BAC TSR-2, 'n Britse bomwerper, voltooi sy nooiensvlug.
- 10-24 Oktober – Die 18de Olimpiese Somerspele word in Tokio, Japan, aangebied.
- 24 Oktober – Zambië word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 3-12 November – Die tweede Paralimpiese Somerspele word in Tokio, Japan, aangebied.
- 5 November – Mariner-program: Mariner 3 word lanseer.
- 13 November – De Villiers Lamprecht word die eerste Suid-Afrikaner wat 'n droommyl hardloop.
- 24 November – Die Mars-verkenningsruimtetuig Mariner 4 word gelanseer.
Geboortes
- onbekend – Fredrik Gustafsson, Sweedse professor in sensorinformatika by Linköping Universiteit.
- onbekend – Diane Victor, Suid-Afrikaanse kunstenaar.
- 12 Januarie – Jeff Bezos, Amerikaanse internet-entrepreneur en mediamagnaat.
- 17 Januarie – Michelle Obama, voormalige Amerikaanse presidentsvrou.
- 27 Januarie – Bridget Fonda, Amerikaanse aktrise.
- 19 Februarie – Jennifer Doudna, Amerikaanse biochemikus en medewenner van die Nobelprys vir Chemie in 2020.
- 20 Februarie – Willie Garson, Amerikaanse akteur, regisseur, en vervaardiger († 2021).
- 7 Maart – Bret Easton Ellis, Amerikaanse outeur en skrywer.
- 10 Maart – Prins Edward,, Britse koninklike, jongste seun van koningin Elizabeth en prins Philip.
- 23 Maart – Dozi, Afrikaanse sanger.
- 29 Maart – Elle Macpherson, Australiese fotomodel en aktrise.
- 30 Maart – Tracy Chapman, Amerikaanse sangeres.
- 3 April – Nigel Farage, Britse politikus.
- 6 April – David Woodard, Amerikaanse skrywer en dirigent.
- 13 April – Caroline Rhea, Kanadese aktrise.
- 20 April – Andy Serkis, Engelse akteur.
- 23 April – Aviv Kochavi, Israelse generaal.
- 29 April – Federico Castelluccio, Italiaans-Amerikaanse akteur en skilder.
- 15 Mei – Lars Løkke Rasmussen, Deense politikus.
- 16 Mei – Kobus Wiese, afgetrede Springbokrugbyspeler.
- 25 Mei – Ray Stevenson, Engelse akteur († 2023).
- ? Junie – Stephen Saad, Suid-Afrikaanse miljardêr-sakeman.
- 1 Junie – Casper de Vries, Afrikaanse komediant en akteur.
- 11 Junie – Jean Alesi, Frans-Italiaanse Formule Eenrenjaer.
- 19 Junie – Boris Johnson, burgemeester van Londen 2008–2016, tans Britse premier.
- 22 Junie – Dan Brown, Amerikaanse skrywer.
- 25 Junie – Danie Botha, Afrikaanse sanger van geestelike liedere.
- 28 Junie – Sabrina Ferilli, Italiaanse aktrise.
- 6 Julie – Yang Young-ja, Suid-Koreaanse vroue-tafeltennisspeler.
- 20 Julie – Deon Lotz, Suid-Afrikaanse akteur.
- 26 Julie – Anne Provoost, Belgiese skrywer.
- 5 Augustus – Annesu de Vos, Suid-Afrikaansgebore Kanadese skrywer.
- 8 Augustus – Klaus Ebner, Oostenrykse skrywer.
- 27 Augustus – Ronel Nel, Afrikaanse skrywer († 2022).
- 25 Augustus – Blair Underwood, Amerikaanse akteur, vervaardiger en regisseur.
- 29 Augustus – Steve Hofmeyr, Suid-Afrikaanse sanger en akteur.
- 2 September – Keanu Reeves, Kanadese rolprentakteur.
- 3 September – Amber Lynn, Amerikaanse pornografiese aktrise en vervaardiger.
- 4 September – René Pape, Duitse opera bassanger.
- 17 September – Ursula Karven, Duitse aktrise.
- 17 September – Trisha Yearwood, countrysangeres en aktrise.
- 27 September – Johnny du Plooy, Suid-Afrikaanse swaargewigbokser († 2013).
- 28 September – Janeane Garofalo, Amerikaanse aktrise.
- 30 September – Monica Bellucci, Italiaanse aktrise.
- 9 Oktober – Guillermo del Toro, Meksikaans-Amerikaanse regisseur, vervaardiger en skrywer.
- 20 Oktober – Kamala Harris, Amerikaanse politikus.
- 3 November – Brenda Fassie, Suid-Afrikaanse popsangeres († 2004).
- 11 November – Philip McKeon, Amerikaanse akteur († 2019).
- 16 November – Luciano Floridi, Italiaanse filosoof.
- 23 November – Frank Rutherford, Olimpiese driesprongatleet uit die Bahamas.
Sterftes
- 1 Februarie – Mabel Malherbe, 'n Suid-Afrikaanse politikus, joernalis, die tweede vrou wat tot die Volksraad verkies is en die eerste burgemeesteres van ’n Suid-Afrikaanse stad (Pretoria) (* 1879).
- 6 Februarie – Emilio Aguinaldo, Filippynse politikus en staatsman, President van die Filippyne (* 1869).
- 29 Februarie – Frank Albertson, 'n Amerikaanse akteur (* 1909).
- 5 April – Douglas MacArthur, 'n generaal in die Amerikaanse Weermag (* 1880)
- 14 April – Rachel Carson, Amerikaanse bioloog (* 1907).
- 19 April – Maurice Maréchal, Franse klassieke tjellis (* 1892).
- 18 Mei – Harm Oost, 'n Suid-Afrikaanse joernalis, skrywer en politikus (* 1877).
- 27 Mei – Jawaharlal Nehru, Indiese politikus, eerste staatshoof (* 1889).
- 25 Junie – Gerrit Rietveld, Nederlandse meubelontwerper en argitek (* 1888).
- 3 Augustus – Flannery O'Connor, Amerikaanse outeur (* 1925).
- 4 September – Werner Bergengruen, Duits-Baltiese skrywer (* 1892).
- 20 Oktober – Herbert Hoover, die 31ste President van die Verenigde State (* 1874) .
- 6 November – Anita Malfatti, Brasiliaanse skilder (* 1889).
|
|