Share to: share facebook share twitter share wa share telegram print page

Dmitri Medwedef

Dmitri Medwedef
(Дмитрий Медведев)
Dmitri Medwedef

Eerste minister van Rusland
Ampstermyn
8 Mei 2012 – 16 Januarie 2020
President Wladimir Poetin
Voorafgegaan deur Wladimir Poetin
Opgevolg deur Michail Misjoestin

3de President van Rusland
Ampstermyn
7 Mei 2008 – 7 Mei 2012
Eerste minister Wladimir Poetin
Voorafgegaan deur Wladimir Poetin
Opgevolg deur Wladimir Poetin

Adjunkpremier van Rusland
Ampstermyn
14 November 2005 – 12 Mei 2008
dien saam met Sergei Iwanof
Eerste minister Michail Fratkof
Wiktor Zoebkof
Wladimir Poetin
Voorafgegaan deur Betrekking geskep
Opgevolg deur Wiktor Zoebkof
Igor Sjoewalof

Persoonlike besonderhede
Gebore 14 September 1965
Leningrad, Sowjetunie (nou Sint Petersburg, Rusland)
Politieke party Onafhanklik (Amptelik)[1]
Beamings:
Verenigde Rusland
Regverdige Rusland
Landbouparty
Burgerlike Mag
Eggenoot/-note Swetlana Wladimirowna Medwedewa (geb. Linnik)
Kind(ers) Ilya Medwedef (geb. 1996)
Alma mater Staatsuniversiteit van Leningrad
Professie Regsgeleerde
Religie Russies-Ortodoks[2]
Handtekening

Dmitri Anatoljewitsj Medwedef (Russies: ; gebore 14 September 1965) is ’n politikus van Rusland. Hy is op 7 Mei 2008 as president beëdig nadat hy die verkiesing van 2 Maart 2008 met sowat 70% van die stemme gewen het.

Nadat Wladimir Poetin die Russiese presidentsverkiesing van 4 Maart 2012 gewen het, is Medwedef aangewys as die volgende premier, ’n amp wat Poetin die vorige vier jaar beklee het. Medwedef het die amp tot in 2020 beklee.

Medwedef is in 1965 in Leningrad, tans Sint Petersburg gebore. Hy was voorheen eerste adjunkpremier saam met Sergei Iwanof. Hy is getroud en het ’n seun, Ilja.

Loopbaan

Medwedef behaal sy regsgraad in 1987 aan die Staatsuniversiteit van Sint Petersburg en in 1990 sy doktorsgraad in privaatreg. Van Junie 1991 tot Junie 1996 is hy ’n regsadviseur van die burgemeester van Sint Petersburg. Tegelykertyd is hy van 1991 tot 1999 dosent aan sy alma mater. In 1999 stel Wladimir Poetin hom aan as adjunkdirekteur van die presidentstaf. In 2000 word hy benoem tot president van die bestuursraad van Gazprom. Van 2000 tot 2001 is hy voorsitter van Gazprom. In Oktober 2003 vervang hy Aleksandr Wolosjin as presidensiële stafhoof.

Op 15 November 2005 stel Poetin hom aan as eerste adjunkpremier. Hy word in Januarie 2020 deur Michail Misjoestin vervang.

Politiek

Dimitri Medwedef word beskou as ’n gematigde liberale pragmatikus, ’n goeie administrateur, en nog altyd lojaal aan Poetin.

2008-presidentsverkiesing

Ná sy aanstelling as eerste adjunkpremier het talle politieke waarnemers voorspel dat hy benoem sal word as Poetin se opvolger vir die 2008-presidentsverkiesing. Poetin het hom dan ook op 10 Desember 2007 aangewys as die kandidaat wat hy steun. Op 17 Desember van daardie jaar is hy op die pro-Kremlin-party Verenigde Rusland se kongres amptelik benoem as hul kandidaat vir die verkiesing. Op 3 Maart 2008, terwyl die stemme getel is, het dit gou duidelik geword dat hy die verkiesing loshande gewen het. Sy naaste teenstander was die leier van die Kommunistiese Party, Gennadi Zioeganof, met 17,77% van die stemme, gevolg deur die Liberaal-Demokratiese Party se Wladimir Zjirinofski met 9,37% en die Demokratiese Party se Andrei Bogdanof met 1,29%. Die kiespersentasie was 69,5%.

Volgens meningspeilings vooraf het baie kiesers Medwedef gesteun omdat hy Poetin se keuse as opvolger was. In sy eerste toespraak ná sy benoeming het Medwedef gesê as hy president word, sal hy Poetin as eerste premier aanstel. Al kon Poetin nie vir ’n derde termyn verkies word as president nie, kan ’n premierskap hom in staat stel om nog lank die toon aan te gee in die Russiese politiek. (Hy kan dan ook later weer as president verkies word.) Sommige kenners meen Medwedef het daarmee erken dat hy slegs ’n skynhoof sal wees en dat die ware mag in Poetin se hande sal lê.

Terwyl die stemme getel is, het Poetin en Medwedef saam van die Kremlin na Rooiplein gestap, waar Medwedef aan ’n opgewonde skare gesê het: "Saam kan ons voortgaan op die pad wat pres. Poetin begin het. Saam sal ons wen. Hoera!"

Hy het ook gesê hy sal sy eie kop volg, ook in buitelandse beleid, ondanks sy voorneme om Poetin as eerste premier aan te stel. Die mag lê by die president en so sal dit bly, het hy bygevoeg.

2012-presidentsverkiesing

Op die kongres van Verenigde Rusland op 24 September 2011 in Moskou het Medwedef voorgestel dat Poetin, sy voormalige mentor, in die presidentsverkiesing van 4 Maart 2012 staan, en Poetin het die aanbod aanvaar. Poetin het dadelik voorgestel dat Medwedef Verenigde Rusland se kandidaat vir die amp van eerste minister moet wees.[3]

In die verkiesing het Poetin met 63,6 persent van die stemme gewen. Hy is daarmee verkies vir die nuwe, verlengde termyn van ses jaar. Medwedef het gevolglik van 2008 tot 2012 in die presidentsamp gestaan.[4]

Russiese inval in Oekraïne

Op 17 Maart, kort na die Russiese inval Oekraïne, het Medwedef as adjunksekretaris van Rusland se Veiligheidsraad gesê dat die Verenigde State 'n walglike Russofobie aangewakker het in 'n poging om Rusland op sy knieë te dwing. Die Weste is daarvan beskuldig dat hulle die wilde komplot aanstook om Rusland uitmekaar te skeur. Die Verenigde State inbesonder is gewaarsku dat Moskou die mag het om die brutale supermoondheid op hul plek te sit, en dat die Russe ondanks sanksies goed kan vaar sonder wat hulle as 'n bedrieglike en dekadente Weste onder die leiding van die Verenigde State beskou.[4]

Na die inval het die Verenigde State en sy Europese en Asiatiese bondgenote sanksies teen Russiese leiers, maatskappye en sakemanne toegepas, in 'n poging om Rusland van 'n belangrike segment van die wêreldekonomie af te sny. Russiese pogings om bande met die Weste te smee ná die val van die Sowjetunie in 1991 is laat vaar, en daar is op beter betrekkinge met ander moondhede insluitend China gefokus.[4]

Persoonlike lewe

Dmitri Medwedef en sy vrou, Swetlana Wladimirowna Medwedewa, gebore Linnik, is van kleins af vriende en sy was ook sy skoolliefde. Hulle is getroud ’n paar jaar nadat hulle hul hoërskoolloopbane in 1982 voltooi het. Hul seun, Ilja, is in 1996 gebore. Medwedef is die skrywer en medeskrywer van verskeie regsboeke.

Verwysings

  1. Eerste Adjunk Eerste Minister Dmitri Medwedef goedgekeur vir volgende Presidentsamp Geargiveer 2 Junie 2009 op Wayback Machine, Voice of Russia, 10 Desember 2007.
  2. BBC NEWS | World | Europe | Profile: Dmitry Medvedev
  3. "Russia's Putin set to return as president in 2012". BBC News (in Engels). 24 September 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Januarie 2020. Besoek op 24 September 2011.
  4. 4,0 4,1 4,2 "Russia warns United States: we have the might to put you in your place". news24.com. Reuters. 17 Maart 2022. Besoek op 24 Maart 2022.

Bronne

  • Levy, Clifford J. (11 Desember 2007) Putin Backs a Young Loyalist As Hic Choice to Follow Him. The New York Times. New York, New York
  • White, Gregory L.; Osborn, Andrew; Cullison, Alan (11 Desember 2007) Putin Chooses Young Loyalist As Successor. The Wall Street Journal, New York, New York.
  • Umland, Andreas (17 Desember 2007) The Two Towers of Future Russia: The Rise of Dmiry Medvedev and the Re-Configuration of Post-Soviet Politics. Russia Profile. Moscow. [1]

Eksterne skakels

Read other articles:

العلاقات الوسط أفريقية الفانواتية جمهورية أفريقيا الوسطى فانواتو   جمهورية أفريقيا الوسطى   فانواتو تعديل مصدري - تعديل   العلاقات الوسط أفريقية الفانواتية هي العلاقات الثنائية التي تجمع بين جمهورية أفريقيا الوسطى وفانواتو.[1][2][3][4][5] مقا�...

 

Безсмертний гарнізонрос. Бессмертный гарнизон Жанр військовийРежисер Захар АграненкоЕдуард ТіссеСценарист Костянтин СимоновУ головних ролях Анатолій Чемодуров Володимир ЄмельяновОператор Григорій АйзенбергКомпозитор Веніамін БаснерХудожник Абрам ФрейдінКінокомп

 

Хаттусілі I Народився 17 століття до н. е.КуссарПомер 1620 до н. е.КуссарПоховання КуссарДіяльність монархБатько ПапахділмаБрати, сестри Аммунасd і Лабарна IУ шлюбі з ХаястарdДіти Киццувасd, Хастаярасd, Лабарнасd, Хаппі[d] і Пімпіраd Лабарна II (потім Хаттусілі I;

2005 video by Boris, Church of Misery, Eternal Elysium and GreenmachineWizard's Convention: Japanese Heavy Rock ShowcaseVideo by Boris, Church of Misery, Eternal Elysium and GreenmachineReleasedJune 6, 2005RecordedVarious datesGenreStoner rockDoom metalStoner metalSludge metalLength106:00LabelDiwphalanxProducerFangs Anal Satan (Boris) and Ryuta MurayamaBoris chronology Bootleg -Feedbacker-(2005) Wizard's Convention: Japanese Heavy Rock Showcase(2005) Heavy Metal Me(2005) Wizard's Conv...

 

Pusat Data NasionalNama lainPDNInformasi umumStatusDibangunLokasiTerdapat 4 pusat data: BalikpapanBatamBekasiManggarai BaratNegara IndonesiaPeletakan batu pertama9 November 2022[1]Mulai dibangun9 November 2022[2][3] Pusat Data Nasional, disingkat PDN, merupakan fasilitas pusat data untuk keperluan penempatan, penyimpanan dan pengolahan data, serta pemulihan data yang nantinya digunakan secara bagi data (bahasa Inggris: data sharing) oleh instansi pusat dan pem...

 

Pfarrkirche Drasenhofen Pfarrkirche Drasenhofen vom Kirchenplatz aus gesehen Pfarrkirche Drasenhofen vom Kirchenplatz aus gesehen Basisdaten Konfession römisch-katholisch Ort Drasenhofen, Österreich Erzdiözese Wien Patrozinium Veit (Heiliger) Baugeschichte Bauzeit 1680–1689 Baubeschreibung Einweihung 1688 Baustil Barock Bautyp Saalkirche Koordinaten 48° 45′ 17,2″ N, 16° 38′ 55,7″ O48.75478888888916.6488Koordinaten: 48° 45′ 17,2″ ...

طالبين القرب النوع درامي تأليف مروان نجار إخراج ميلاد أبي رعد ميلاد الهاشم فارس الحاج بطولة كارول الحاج بديع أبو شقراورد الخال يورغو شلهوب البلد  لبنان لغة العمل العربية عدد الحلقات 130 شارة البداية كارول سماحة بيار بطرس المنتج المنفذ MGN proudctions منتج المؤسسة اللبنانية للإ�...

 

Type of chamber tomb found in Ireland and Scotland Creevykeel Court Tomb. The court cairn or court tomb is a megalithic type of chambered cairn or gallery grave. During the period, 3900–3500 BC, more than 390 court cairns were built in Ireland and over 100 in southwest Scotland. The Neolithic (New Stone Age) monuments are identified by an uncovered courtyard connected to one or more roofed and partitioned burial chambers. Many monuments were built in multiple phases in both Ireland and Scot...

 

This article does not cite any sources. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Death to Music – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (March 2018) (Learn how and when to remove this template message) 1999 studio album by NightstickDeath to MusicStudio album by NightstickReleasedJune 22, 1999 (1999-06-22)Recorded1998GenreSludge ...

175 West Broadway is a building between Worth and Leonard Streets in the Tribeca neighborhood of Manhattan, New York City. Built in 1877, it was designed by Scott & Umbach, an architectural firm from Newark, New Jersey, in the polychromatic brick style. According to the New York City Landmarks Preservation Commission, the building's corbeled window arches and the corbeled brick cornice are without parallel in New York City architecture.[1] It was built as a rental property for the...

 

Beer This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Beer in Slovenia – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (September 2017) (Learn how and when to remove this template message) Laško Zlatorog Beer in Slovenia is dominated by the pale lager market. The most commonly known brands of Slovenian beer, n...

 

Species of tree Karpatiosorbus latifolia Karpatiosorbus latifolia, Morton Arboretum Acc. 261-93-5 [1] Scientific classification Kingdom: Plantae Clade: Tracheophytes Clade: Angiosperms Clade: Eudicots Clade: Rosids Order: Rosales Family: Rosaceae Genus: Karpatiosorbus Species: K. latifolia Binomial name Karpatiosorbus latifolia(Lam.) Sennikov & Kurtto Synonyms[2] Aria arguta M.Roem. Aria latifolia (Lam.) M.Roem. Crataegus dentata Thuill. Crataegus latifolia Lam. Sorbu...

Country in Central America This article is about the country in Central America. For other uses, see El Salvador (disambiguation). Republic of El SalvadorRepública de El Salvador (Spanish) Flag Coat of arms Motto: Dios, Unión, LibertadGod, Union, LibertyAnthem: Himno Nacional de El SalvadorNational Anthem of El SalvadorCapitaland largest citySan Salvador13°41′56″N 89°11′29″W / 13.69889°N 89.19139°W / 13.69889; -89.19139Official languag...

 

American steamship Nahcotta circa 1910 History NameNahcotta OwnerOregon Railway & Nav. Co. RouteLower Columbia and Willapa Bay In service1898 Out of service1928 IdentificationU.S. 130793 FatePartially dismantled, converted to floating fish store General characteristics Typeinland steamship Tonnage149 GRT; 112 NRT Length96 ft (29.3 m) Beam20.1 ft (6.1 m) Depth6.5 ft (2.0 m) depth of hold Installed powersteam engine Propulsiontwin propeller Nahcotta was a steam...

 

Public hospital in Uganda Not to be confused with Hoima Specialized Referral Hospital. Hospital in Western Region, UgandaHoima Regional Referral HospitalUganda Ministry of HealthGeographyLocationHoima, Hoima District, Western Region, UgandaCoordinates01°25′40″N 31°21′16″E / 1.42778°N 31.35444°E / 1.42778; 31.35444OrganisationCare systemPublicTypeGeneral and teachingServicesEmergency departmentIBeds317 (2020)[1]HistoryOpened1935LinksOther linksHospit...

Soviet spy in the United States This article is about the economist. For the athlete and bishop, see William Remington (athlete). William RemingtonBornWilliam Walter Remington(1917-10-25)October 25, 1917New York CityDiedNovember 24, 1954(1954-11-24) (aged 37)Lewisburg Federal PenitentiaryLewisburg, PennsylvaniaCause of deathMurderEducationDartmouth College (1939)Columbia University (1940)Employer(s)Tennessee Valley Authority (1936-1937)National Resources Planning Board (1940-1941)Co...

 

1996 live album by Anthony Braxton and Ensemble Braxtonia2 Compositions (Järvenpää) 1988Live album by Anthony Braxton and Ensemble BraxtoniaReleased1996RecordedNovember 7, 1988Järvenpää-talo, Järvenpää, FinlandGenreJazzLength70:21LabelLeoCD LR 233ProducerJukka Wasama and Leo FeiginAnthony Braxton chronology Ensemble (Victoriaville) 1988(1988) 2 Compositions (Järvenpää) 1988(1996) Four Compositions (Solo, Duo & Trio) 1982/1988(1989) 2 Compositions (Järvenpää) 1988 is...

 

Artikel ini perlu diwikifikasi agar memenuhi standar kualitas Wikipedia. Anda dapat memberikan bantuan berupa penambahan pranala dalam, atau dengan merapikan tata letak dari artikel ini. Untuk keterangan lebih lanjut, klik [tampil] di bagian kanan. Mengganti markah HTML dengan markah wiki bila dimungkinkan. Tambahkan pranala wiki. Bila dirasa perlu, buatlah pautan ke artikel wiki lainnya dengan cara menambahkan [[ dan ]] pada kata yang bersangkutan (lihat WP:LINK untuk keterangan lebih lanjut...

1979 studio album by Roy Ayers For the Black Sabbath song, see Seventh Star. No Stranger to LoveStudio album by Roy AyersReleasedNovember 1979Studio Automated Sound (New York City) Kendun Recorders (Burbank, California) Sigma Sound (New York City) GenreJazz fusionsoul jazzLength42:06LabelPolydorProducerRoy AyersWilliam AllenRoy Ayers chronology Fever(1979) No Stranger to Love(1979) Love Fantasy(1980) Singles from No Stranger to Love Don't Stop the FeelingReleased: 1979 What You Won't Do F...

 

Football tournamentHana Bank FA CupFounded1996; 27 years ago (1996)RegionSouth KoreaInternational cup(s)AFC Champions LeagueCurrent championsPohang Steelers (2023)Most successful club(s)Jeonbuk Hyundai MotorsPohang SteelersSuwon Samsung Bluewings(5 titles each)Websitewww.kfa.or.kr 2023 Korean FA Cup The Korean FA Cup is a national football cup knockout competition of South Korea, held annually by the Korea Football Association (KFA). Before the FA Cup was established in 1996...

 
Kembali kehalaman sebelumnya