Harald 'Bloutand' Gormsson (Oud-Noors: Haraldr blátönn Gormsson, Deens: Harald Blåtand Gormsen; gebore omstreeks 935) was die seun van koning Gorm die Oue en Thyra Dannebod. Hy is in 985 of 986 dood nadat hy van omstreeks 958 as koning van Denemarke regeer het en vir ’n paar jaar rondom 970 as koning van Noorweë. Volgens sommige bronne het sy seun Sven Vurkbaard hom van die troon gedwing.
Die Jelling-stene
Harald het die Jelling-stene laat oprig ter ere van sy ouers.[1]Encyclopedia Britannica beskou die rune-inskrifte as die bekendstes in Denemarke.[2] Die biografie van Harald Bloutand kan opgesom word in die inskrifte op die Jelling-stene:
Harald, koning, het hierdie gedenkstene laat maak vir Gorm, sy vader, en Thyra, sy moeder; die Harald wat die hele Denemarke en Noorweë oorwin het en die Dene die Christendom laat aanneem het.
Bewind
Harald se bydrae tot die kerstening van die Dene is ietwat omstrede. Feit is egter dat hy wel bekeer is. Daarna, in die 960's, het hy sy pa, Gorm, se liggaam laat herbegrawe in die kerk wat hy langs die leë grafheuwel laat bou het en die nou beroemde Jelling-stene laat maak.
Verwysings
Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Harald I of Denmark
↑[1]C. Michael Hogan, "Jelling Stones", Megalithic Portal, red. Andy Burnham