Jasjkoel-rajon (Russies: Яшкульский район, Kalmikies: Яшкулин район) is 'n administratiewe rajon van Kalmikië, Rusland. Dit lê in die sentrale deel van die republiek en grens aan Astrachan-oblast, 'n ander federale deelgebied van Rusland. Die rajon se setel is die gelyknamige dorp Jasjkoel.
Demografie
Volgens Sensus 2010 het Jasjkoel-rajon 15 270 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs en Russe vorm die meerderheid van die rajon se bevolking.[1]