Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat.
Neder-Sorbies of Wendies (dolnoserbšćina, dolnoserbska rěc, Duits: Niedersorbische Sprache) is 'n Wes-Slawiese taal en word deur 6 860 mense hoofsaaklik in die Neder-Lausitz-streek in die Duitse deelstaat Brandenburg gepraat. Die grootste stede in die Neder-Sorbiese taalgebied is Cottbus (Chóśebuz) en Lübbenau (Lubnjow).