Staffordshire (uitgespreek /ˈstæfərdʃər/ of /ˈstæfərdʃɪər/, dikwels afgekort tot Staffs) is 'n graafskap in Engeland, in die Verenigde Koninkryk. Die graafskap grens aan Cheshire, Derbyshire, Leicestershire, Warwickshire, die West Midlands, Worcestershire en Shropshire.
Staffordshire het 'n geskatte bevolking van 1 126 200 in 2017 gehad en is dus die 16de grootste graafskap in die land. Die administratiewe setel (county town) is Stafford.