Surrey (uitgespreek /ˈsʌri/) is 'n graafskap in die suidooste van Engeland, in die Verenigde Koninkryk. Die graafskap het 'n geskatte bevolking van 1 185 300 in 2017 gehad. Surrey lê in die middel van historiese Engeland en grens aan belangrik en antieke graafskappe soos Kent, Wes-Sussex, Oos-Sussex, Hampshire, Berkshire en Londen. Surrey is self een van die historiese graafskappe en word in geskrewe verwysings aangehaal sedert 836. Alhoewel die Surrey County Council in Kingston upon Thames sit, is die stad self deel van Londen sedert 1965, en dus die graafskapshoofstad (Engels: county town) van Surrey is Guildford.
Geografie
Met 'n oppervlakte van sowat 1 663 km²[1] (642 myl²) is Surrey een van die kleiner graafskappe van Engeland en uit van 48 graafskappe is hy die 14de kleinste, maar volgens bevolking is dit een van die grootse graafskappe. Surrey het die hoogste bevolkingsdigtheid van alle plattelandse graafskappe (two-tier authorities).
Geskiedenis
Oudheid
Voor die Romeinse tyd was die hedendaagse Surrey waarskynlik beset deur die Atrebatesstam.
Surrey onder die Romeine
Tydens die Romeinse inval in Brittanje was die Atrebatesstam geallieerd met die indringers.
19de eeu
Met die stigting van die London County Council in 1889 het Surrey die gebiede wat deesdae as Lambeth en Wandsworth bekend staan, verloor.
20ste eeu
Met die stigting van die Greater London Council in 1965 het Surrey die gebiede wat deesdae as Croydon, Kingston-upon-Thames, Merton, Richmond-upon-Thames en Sutton bekend is verloor.
Ekonomie
Surrey is 'n gegoede graafskap, met 'n groot diensekonomie, soortgelyk aan Londen. Die graafskap het die hoogste BBPper kapita[2] en hoogste lewenskoste van al die graafskappe van die Verenigde Koninkryk. Verder het Surrey ook die hoogste verhouding van miljoenêrs en een van die hoogste in Europa. Surrey se ligging het gehelp om dit ryk te maak, danksy Londen se nabyheid. Surrey se posisie in die groeiende suidooste van Engeland het ook daartoe bygedra. Die graafskap het ook die hoogste konsentrasie van Waitrosesupermarke in die VK, nog 'n teken van sy rykdom.
Surrey is een van die mees multi-etniese graafskappe van die land, maar omtrent 95 persent van die graafskap is steeds wit mense en die res Suid-Asiate of swart mense.
Belangrike stede en dorpe
Guildford, county town en grootste stad van Surrey.