Die legendariese koning Gilgamesj het volgens die chronologie van die Sumeriese Koningslys (hierna SKL genoem) in die 27ste eeu v.C. oor Uruk regeer. Die stad het omstreeks 2000 v.C. minder belangrik geword in die lig van die stryd tussen Babiloniƫ en Elam, maar dit was bewoon tot kort voor of nƔ die Islamitiese verowerings van 633-638 n.C.
Volgens die SKL is Uruk deur koning Enmerkar gestig. Hoewel die koningslys ān koning van Eanna voor hom noem, vertel die eposEnmerkar en die Meester van Aratta dat Enmerkar die Hemelhuis (Sumeries: e2-anna; wigskrif: šš E2.AN) vir die godin Inanna in die Eannadistrik van Uruk gebou het. In die Heldedig van Gilgamesj bou Gilgamesj die stadsmuur om Uruk en is hy die stad se koning.
Uruk het deur verskillende groeifases gegaan, van die Vroeƫ Uruk-tydperk (4000-3500 v.C.) tot die Laat Uruk-tydperk (3500-3100 v.C.).[1] Die stad is gestig toe twee kleiner Obeid-nedersettings saamgesmelt het. Die tempelkomplekse in hulle kern het die Eanna- en Anu-distrikte geword wat onderskeidelik aan Inanna en Anu gewy was.[1]
Argeoloƫ het verskeie Uruk-stede ontdek wat in chronologiese volgorde bo-op mekaar gebou is.[9]
Uruk XVIII: Eridu-tydperk (omstreeks 5000 v.C); die stigting van Uruk
Uruk XVIII-XVI: Laat Obeid-tydperk (4800-4200 v.C.)
Uruk XVI-X: Vroeƫ Uruk-tydperk (4000-3800 v.C.)
Uruk IX-VI: Middel-Uruk-tydperk (3800-3400 v.C.)
Uruk V-IV: Laat Uruk-tydperk (3400-3100 v.C.); die vroegste tempels van die Eanna-distrik is gebou
Uruk III: Jemdet Nasr-tydperk (3100-2900 v.C.); die stadsmuur van 9 km is gebou
Uruk II
Uruk I
Anu-distrik
Anu-ziggoerat / Wit Tempel
Die Anu-ziggoerat / Wit Tempel by Uruk. Die oorspronklike piramidevormige struktuur, die Anu-ziggoerat, dateer van omstreeks 4000 v.C. en die Wit Tempel is omstreeks 3500 v.C. bo-op gebou.[10]
Die groot Anu-distrik is ouer as die Eanna-distrik, maar min oorblyfsels van geskrewe dokumente is daar gevind. Anders as die Eanna-distrik, bestaan dit uit ān enkele, enorme terras, die Anu-ziggoerat wat aan die Sumeriese luggod An gewy is. Iewers in die Uruk III-tydperk is die enorme Wit Tempel bo-op die ziggoerat gebou. Onder die noordwestekant van die ziggoerat is ān struktuur uit die Uruk VI-periode, die Steentempel, ontdek.
Die Steentempel is gebou van kalksteen en bitumen op ān terras van vasgestampte grond en is met ān kalkmesselklei gepleister. Die terras self is oor ān geweefde rietmat, of giparu, gebou. Die struktuur is later ritueel vernietig en bedek met wisselende lae van klei en klip, en later met messelklei gevul.
Benewens die tempel het die Anu-ziggoerat ān enorme trap van kalksteen gehad wat in godsdiensoptogte gebruik is. ān Trog wat parallel met die trap geloop het, het water uit die ziggoerat dreineer.
Die eerste gebou van Eanna, die SteenkĆ«el- of MosaĆÆektempel, is in die VI-tydperk bo-op ān bestaande Obeid-tempel gebou en was omring deur ān kalksteenmuur met ān ingewikkelde stelsel van stutmure. Die tempel, wat genoem is na die mosaĆÆek van gekleurde stene in die fasade, kon die eerste waterkultus in MesopotamiĆ« gewees het. Dit is in die Uruk IVb-tydperk afgebreek en sy inhoud is in die Riemchen-gebou gebruik.
Hoewel Uruk in die Vroegdinastiese Sumer ān vooruitstrewende stad was, is dit eindelik deur die Akkadiese Ryk geannekseer en het dit agteruitgegaan. Later, in die Nieu-Sumeriese tydperk, het die stad ān heroplewing beleef as ān groot ekonomiese en kulturele sentrum onder die soewereiniteit van Ur. Die Eanna-distrik is herstel as deel van ān ambisieuse bouprogram, wat ān nuwe tempel vir Inanna ingesluit het. Die tempel het ān ziggoerat bevat: die "Huis van die Heelal" (wigskrif: E2.SAR.A), wat noordoos van die Eanna-ruĆÆnes van die Uruk-tydperk gestaan het.
āNissen, Hans J (2003). "Uruk and the formation of the city". In Aruz, J (red.). Art of the First Cities: The Third Millennium B.C. from the Mediterranean to the Indus. New York: Metropolitan Museum of Art. pp. 11ā20. ISBN9780300098839.
āAlgaze, Guillermo (2013). "The end of prehistory and the Uruk period". In Crawford, Harriet (red.). The Sumerian World(PDF). London: Routledge. pp. 68ā95. ISBN9781138238633. Besoek op 26 Julie 2020.[dooie skakel]
āWarwick Ball, 2001, Rome in the East: the transformation of an empire, p. 89.
āTertius Chandler, Four Thousand Years of Urban Growth: An Historical Census, Edwin Mellen Press, 1987, ISBN 0-88946-207-0
āAsimov, I. (1968) The Near East, Boston: Houghton Mifflin, pp. 16ā18
āR. van der Spek, āThe Latest on Seleucid Empire Building in the East.ā Journal of the American Oriental Society 138.2 (2018): 385ā94.
ā 14,014,1R. van der Spek, āFeeding Hellenistic Seleucia on the Tigris.ā In Feeding the Ancient Greek City, reds. R. Alston & O. van Nijf, 36. LeuvenāÆ; Dudley, MA: Peeters Publishers, 2008.
āAccording to some finds of Mandaic incantation bowls, Rudolf Macuch, "GefƤĆinschriften," in Eva Strommenger (red.), GefƤsse aus Uruk von der Neubabylonischen Zeit bis zu den Sasaniden (= Ausgrabungen der deutschen Forschungsgemeinschaft in Uruk-Warka 7) (Berlin: Gebr. Mann, 1967), pp. 55ā57, pl. 57.1ā3.
Bronne
Baker, H.D. "The Urban Landscape in First Millennium BC Babylonia". University of Vienna. {{cite journal}}: Cite journal requires |journal= (hulp)