Share to: share facebook share twitter share wa share telegram print page

Malusi Gigaba

Malusi Gigaba
Malusi Gigaba
Malusi Gigaba in 2016

Ampstermyn
26 Februarie 2018 – 13 November 2018
President Cyril Ramaphosa
Voorafgegaan deur Ayanda Dlodlo
Opgevolg deur Blade Nzimande (wnd.)

Minister van Finansies
Ampstermyn
31 Maart 2017 – 27 Februarie 2018
President Jacob Zuma
Cyril Ramaphosa
Voorafgegaan deur Pravin Gordhan
Opgevolg deur Nhlanhla Nene

Ampstermyn
25 Mei 2014 – 31 Maart 2017
President Jacob Zuma
Voorafgegaan deur Naledi Pandor
Opgevolg deur Hlengiwe Mkhize

Minister van Openbare Ondernemings
Ampstermyn
1 November 2010 – 25 Mei 2014
President Jacob Zuma
Voorafgegaan deur Barbara Hogan
Opgevolg deur Lynne Brown

Adjunkminister van van Binnelandse Sake
Ampstermyn
29 April 2004 – 1 November 2010
President Thabo Mbeki
Kgalema Motlanthe
Jacob Zuma
Opgevolg deur Fatima Chohan

Persoonlike besonderhede
Gebore 31 Augustus 1971 (1971-08-31) (53 jaar oud)
Eshowe, Suid-Afrika[1]
Politieke party African National Congress (sedert 1990)
Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (tot 1990)
Alma mater Universiteit van Durban-Westville

Knowledge Malusi Nkanyezi Gigaba (gebore 30 Augustus 1971 Eshowe) is 'n voormalige kabinetslid van Suid-Afrika. Hy was voorheen die Minister van Finansies, die jongste minister wat die amp beklee het. President Jacob Zuma het hom op 30 Maart 2017 as opvolger van Pravin Gordhan aangestel. Hy is op 26 Februarie 2018 deur president Cyril Ramaphosa weer in sy vorige portefeulje as Minister van Binnelandse Sake heraangestel.

Hy het 'n B-graad in Opvoedkunde en 'n meerstersgraad in die sosiale wetenskappe. Hy het 14 jaar lank in 'n regeringspos gedien. In 1990 het hy by die ANC-jeugliga aangesluit en ses jaar later het hy die liga se president geword, vir 8 jaar lank. Hy was 'n lid van die parlement en is in November 2010 deur president Zuma as Minister van Openbare Ondernemings aangestel. Hy probeer sonder sukses om die Suid-Afrikaanse Lugdiens te hervorm en in 2014 word hy die Minister van Binnelandse Sake.[2]

Sy aanstelling as Minister van Finansies is met wantroue deur die internasionale bankwêreld begroet. Die Suid-Afrikaanse rand het met 4% geval en S&P Global het Suid-Afrika se kredietgradering op 3 April 2017 van BBB- na BB+ verlaag, wat gewoonlik met rommelstatus aangedui word. Die rand het hierna nog 'n verdere 2% verloor.[3]

Gigiaba het op 13 November 2018 as Minister van Binnelandse Sake en ook as parlementslid bedank, nadat sy seksuele skandes op die lappe gekom het. Vervolgens is Blade Nzimande vir 10 dae as waarnemende Minister van Binnelandse Sake aangestel.[4] Hy is weer opgevolg deur Siyabonga Cwele.

Omstredenheid

Bankrekening in Doebai

Staatsveiligheidsagente het 'n geheimsinnige buitelandse bankrekening wat in Malusi Gigaba (as minister van binnelandse sake) se naam geopen is, ondersoek. Die rekening is geopen in Doebai, die Verenigde Arabiese Emirate, toe Gigaba nog minister van openbare ondernemings was.[5]

Gigaba het glo aan staatsveiligheidsagente gesê dat die rekening sonder sy medewete deur een van sy amptenare geopen is. Maar mense in die bankwese en sekuriteit het aangedui dat dit moeilik is, indien nie onmoontlik nie, om 'n buitelandse bankrekening in 'n persoon se naam sonder sy medewete te open, en dat dit op bedrog neerkom. Gigaba se woordvoerder ontken enige verband met die rekening of kennis van die ondersoek.[6]

Visumregulasies

Sy reputasie is getaan toe hy in Binnelandse Sake moeilike reëls geïmplementeer het vir ouers wat met kinders reis. Dit het tot kommer oor 'n moontlike verswakking in die toerismebedryf in Suid-Afrika gelei.[5]

Voor die aankondiging van die visumregulasies het toeriste-aankomste in Suid-Afrika geleidelik toegeneem. In 2011, 2 176 719 aankomelinge, in 2012, 2 505 763 aankomelinge ('n groei van 15,1%), en in 2013, 2 660 631 aankomelinge (groei van 6,1%). Maar dit het skielik verander in die derde kwartaal van 2014 - die vereiste vir die aanvra van 'n visumaansoek het in Junie 2014 in werking getree. Sedertdien was daar 'n stelselmatige afname in toeriste-aankomste. Van September - Desember 2014 was toeriste van Brasilië 37% laer, China 46,9% laer en Indië 14,4% laer, wat voortgeduur het tot in 2015. Die data van Statistiek SA in Junie 2015 het getoon dat die oorsese aankomings 13% laer was. Op dieselfde tyd het aankomste in Suid-Afrika se mededingers verbeter. Volgens SA Toerisme het R7,51 miljard se inkomste aan die land verlore gegaan.[7]

Staatskaping

Die sleutelpunt in die Staatskapingprojek was die aanstelling van Malusi Gigaba as Minister van Openbare Ondernemings, wat 'n skuiwergat in die Wet op Openbare Finansiële Bestuur benut het. Dit het dit moontlik gemaak om die verkrygingsprosedures van staatsbeheerde ondernemings (SBE's) te manipuleer ten gunste van geselekteerde kontrakteurs wat gesanksioneer is deur die Gupta-netwerk. Hiermee het die 'hergebruik' van SBE's as voertuie vir plundering begin.[8]

Transnet

Die knoeiery sluit in die aanstelling op die Transnet-raad van Iqbal Sharma, 'n Essa- en Gupta-vriend, en Brian Molefe, nou 'n bekende Gupta-vriend, in 2011 as uitvoerende hoof van Transnet.

Gigaba wou na bewering Sharma as raadvoorsitter aanstel, maar dit is deur sy kabinetskollegas verwerp. Sharma is toe aangestel as voorsitter van die komitee vir verkryging en verkope, 'n nuwe struktuur om toesig te hou oor groot verkrygings.

In Julie 2012 het Transnet sy tender vir 1 064 vraglokomotiewe uitgereik; 599 elektries en die res diesel. Dit sluit tenders van R25 miljard in wat deur Molefe afgeteken is en aan CSR (China South Rail) toegeken is.[9] CSR het op sy beurt Tequesta Group Ltd, 'n Gupta-gekoppelde doponderneming, R5,3 miljard aan konsultasiefooie betaal.[10]

Eskom

Toe Gigaba in 2009 as minister van openbare ondernemings aangestel was, het Eskom R19,6 miljard kontant gehad, was daar geen rede om bekommerd te wees oor likiditeit nie. Toe hy in 2014 Eskom verlaat het, het Eskom die regering gesmeek om geld.

Een van sy eerste besluite was die omkeering van 'n beslissing oor die verkryging waarop die uitvoerende bestuur en direksie van Eskom afgetrek het - die vervanging van Koeberg-stoomopwekkers. Kort voor lank het hy Eksom se raad geslyp en ingestem tot aanstellings van nuwe mense, waarvan die meeste geen ervaring in die korporatiewe of elektrisiteitsektor gehad het nie, en dan die raad met Gupta-sakevennote, hul familielede of hul vrouens gepak het. Dit sluit in die voormalige Oakbay-direkteur Mark Pamensky, Mosebenzi Zwane, minister van minerale bronne, se adviseur Kuben Moodley, en Nazia Carrim, die vrou van 'n familielid van die nabye Gupta-medewerker Salim Essa. Met die bestuur van Eskom wat aldus "gevange" geneem is en nuwe doelwitte gegee is, was daar in die volgende periode 'n opskerping van groot korrupsie, met die Guptas wat die ingewikkelde onderneming van makelaars en geldwassery bestuur het.[11]

Die mees gewaagde voorbeelde is Eskom se fasilitering en finansiering van die Guptas se verkryging van Glencore se Optimum Coal Holdings. Hierdie skema het reeds onder Gigaba begin toe die steenkoolmynboukundige Glencore na 'besigheidsredding' gedryf is. Maar dit was toe Molefe, uitvoerende hoof van Eskom, saam met Singh, Koko en Zwane, minister van myne, wat die vaslegging moontlik gemaak het.

Terwyl Glencore afgeskud is, het die Guptas se Tegeta voordeel getrek uit 'n Eskom-waarborg (R1,6 miljard), 'n stewige en ongewone vooruitbetaling (R600  miljoen) en bykomende winsgewende steenkoolkontrakte wat hulle in staat gestel het om Optimum te koop. Verdere gevalle van steenkoolkontrakte wat deur Gupta bevoordeel is en die uitbuiting van groot steenkoolmynmaatskappye is aan die lig gebring in die ondersoekverslag van die Parlement wat op 28 November 2018 gepubliseer is.[12][13].

Die gevolgtrekkings in die verslag sluit in:

3.10.15: Die komitee bevind dat die uitvoerende regeringstak wat deur die twee voormalige ministers, Gigaba en Brown, verteenwoordig is, grof nalatig was in die uitvoering van sy verantwoordelikheid as die enigste aandeelhouer van Eskom.[13]

en

4.11.4: Die komitee beveel aan dat die twee voormalige ministers van Openbare Ondernemings, Gigaba en Brown, moet voorleggings aan die Zondo-kommissie doen om insigte te deel oor die rolle wat hulle as aandeelhouersverteenwoordigers gespeel het gedurende die tydperk van korrupsie en korporatiewe vangs wat by Eskom gefloreer het.[13]

Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA)

In 2012 het Gigaba die steun vir 'n ommekeer-strategie vir SAA wat deur die destydse raadsvoorsitter Cheryl Carolus voorgestel is, vertraag, wat die lugdiens finansiële skade berokken het. Nadat Carolus bedank het, het Gigaba Vuyisile Kona as waarnemende uitvoerende hoof en raadvoorsitter teruggebring na 'n vergadering in die Guptas se Saxonwold-woning met Rajesh Gupta, Duduzane Zuma, en Ace Magashule se seun Tshepiso.[11]

Gedurende 2017 is die Suid-Afrikaanse Lugdiens van 'n bedrag van R5 miljard vrygestel, insluitend 'n gedeelte van R3 miljard wat bedoel was om SAA se skuld by Citibank te vereffen. Nog 'n betaling van R5 miljard aan SAA moes einde Maart 2018 betaal word, 'n maand nadat Gigaba die BTW-verhoging aangekondig het.

Die rede vir hierdie duur mislukkings in die SBE's is swak korporatiewe bestuur, wat aan die lig gekom het toe minister Gigaba aan die stuur van die departement van openbare ondernemings was. Swak begrip van die toesighoudende rol van die regering as 'n aandeelhouer, 'n gebrek aan strategiese perspektief en die afwesigheid van 'n ontwikkelingsgedagtegang is ander faktore wat effektiewe bestuur van SBE's ondermyn het.[14]

Verwysings

  1. "Who's who: Malusi Gigaba". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2017. Besoek op 7 April 2017.
  2. "Who is Malusi Gigaba? Meet the new finance minister". eNCA (in Engels). 31 Maart 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2018. Besoek op 30 Desember 2019.
  3. "South Africa's credit rating cut to junk". BBC News (in Engels). 3 April 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Augustus 2019. Besoek op 30 Desember 2019.
  4. "Omstrede minister Gigaba bedank". Maroela Media. 13 November 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 30 Desember 2019.
  5. 5,0 5,1 Pillay, Verashni (30 Maart 2017). "Malusi Gigaba: The Young Lion From Eshowe". HuffPost (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Julie 2018. Besoek op 30 Desember 2019.
  6. Letsoalo, Matuma; Pillay, Verashni (25 Julie 2018). "The mystery Gigaba bank account". The M&G Online (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Desember 2019. Besoek op 30 Desember 2019.
  7. "Toerisme aankomstdata" (PDF) (in Engels). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2018.
  8. Munusamy, Ranjeni (25 Mei 2017). "Betrayal of the Promise: The Anatomy of State Capture". Daily Maverick (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Desember 2019. Besoek op 30 Desember 2019.
  9. Hofstatter, Stephan (1 Augustus 2018). "Transnet overpaid R509m in train deal". BusinessLIVE (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Desember 2019. Besoek op 30 Desember 2019.
  10. "EXCLUSIVE: Gupta-linked train company in R5bn rip-off". News24 (in Engels). 23 Maart 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Desember 2019. Besoek op 30 Desember 2019.
  11. 11,0 11,1 "Is Gigaba Mr State Capture?". News24 (in Engels). 28 Mei 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Desember 2019. Besoek op 30 Desember 2019.
  12. Eberhard, Anton; Godinho, Catrina (12 September 2017). "How corrupt power captured Eskom and helped pull the plug on growth". BusinessLIVE (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Desember 2019. Besoek op 30 Desember 2019.
  13. 13,0 13,1 13,2 "Final Report - Eskom Inquiry 2018" (PDF) (in Engels). 28 November 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 September 2019.
  14. Qobo, Mzukisi (27 Februarie 2018). "Governance of State-owned Enterprises: Reforming the unreformable?". Daily Maverick (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Desember 2019. Besoek op 30 Desember 2019.

Eksterne skakels

Read other articles:

Topik artikel ini mungkin tidak memenuhi kriteria kelayakan umum. Harap penuhi kelayakan artikel dengan: menyertakan sumber-sumber tepercaya yang independen terhadap subjek dan sebaiknya hindari sumber-sumber trivial. Jika tidak dipenuhi, artikel ini harus digabungkan, dialihkan ke cakupan yang lebih luas, atau dihapus oleh Pengurus.Cari sumber: Anwarbey Salim – berita · surat kabar · buku · cendekiawan · JSTOR (Pelajari cara dan kapan saatnya untuk me...

 

  لمعانٍ أخرى، طالع مالون (توضيح). مالون   الإحداثيات 44°51′13″N 74°19′44″W / 44.853611111111°N 74.328888888889°W / 44.853611111111; -74.328888888889  [1] تاريخ التأسيس 1805  تقسيم إداري  البلد الولايات المتحدة[2][3]  التقسيم الأعلى مقاطعة فرانكلن، نيويورك  خصائص جغرافي...

 

هذه المقالة يتيمة إذ تصل إليها مقالات أخرى قليلة جدًا. فضلًا، ساعد بإضافة وصلة إليها في مقالات متعلقة بها. (يوليو 2023) بناناراما   بداية 1979  النوع موجة جديدة،  ودانس بوب  شركة الإنتاج تسجيلات لندن ريكوردز  [لغات أخرى]‏،  ودريم  [لغات أخرى]‏،  وشركة

American college football season This article does not cite any sources. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: 2007 Duke Blue Devils football team – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (June 2017) (Learn how and when to remove this template message) 2007 Duke Blue Devils footballDuke takes the field in their opener against ConnecticutConferenceAtl...

 

Scientific study of myriapods; a branch of zoology Myriapodology is the scientific study of myriapods which includes centipedes and millipedes. The field of myriapodology can also cover other myriapods such as pauropods and symphylans. Those who study myriapods are myriapodologists.[1] Part of a series onMyriapods Classes Centipedes • Millipedes • Symphylans • Pauropods Anatomy Organ of Tömösváry • Ozopore • Ultimate legs Cyphopods • Forcipules • Millipede gonopods No...

 

War crime during the Russian invasion of Ukraine Bilohorivka school bombingPart of the battle of Donbas (2022)The part of the school building after Russian shellingLocationBilohorivka, UkraineCoordinates48°55′39″N 38°14′46″E / 48.92750°N 38.24611°E / 48.92750; 38.24611Date7 May 2022Deaths2 (confirmed)60 (claim) vteRussian invasion of UkraineNorthern Ukraine campaign Antonov Airport Chernobyl Hostomel Ivankiv Kyiv airstrikes shopping centre bombing Kyiv conv...

British costume designer and wigmaker Willy ClarksonWilly Clarkson in 1934Born(1861-03-31)31 March 1861Died13 October 1934(1934-10-13) (aged 73)Resting placeBrookwood CemeteryNationalityBritishOccupationTheatrical costume designer/wig maker William Berry Clarkson (31 March 1861 – 12/13 October 1934)[1][2] was a prominent British theatrical costume designer and wigmaker. After his death, evidence emerged that he had been involved with others in large-scale insurance frau...

 

Artículo principal: Estado campamental Junta Técnica del Estado LocalizaciónPaís (España)Coordenadas 42°20′30″N 3°41′58″O / 42.34166667, -3.69944444Información generalJurisdicción zona sublevadaTipo órganoSede Casa del Cordón (Burgos)Sistema Dictadura militarOrganizaciónPresidente Fidel DávilaFrancisco Gómez-JordanaEntidad superior Jefe del EstadoRelacionados Secretaría General del Jefe del EstadoGobierno GeneralSecretaría de Relaciones Exteri...

 

1983 anti-Soviet speech by Ronald Reagan Reagan addressing the National Association of Evangelicals, 1983 This article is part of a series aboutRonald Reagan Personal life Filmography Bibliography Death Residences Birthplace of Ronald Reagan Ronald Reagan Boyhood Home Rancho del Cielo 668 St. Cloud Road Speeches A Time for Choosing States' rights Evil Empire Tear down this wall! 33rd Governor of California Elections 1966 1970 Governorship 1969 People's Park protest 40th President of the Unite...

Indian field hockey player Dhanraj Pillay Pillay in 2010Personal informationFull name Dhanraj PillayBorn (1968-07-16) 16 July 1968 (age 55)Khadki, Pune, Maharastra, IndiaHeight 5 ft 8 in (1.73 m)[1]Playing position ForwardSenior careerYears Team1992–1993 Indian Gymkhana1993 HC Lyon1994–1997 Selangor HA1997–1999 Abahani Ltd.2000 HTC Stuttgart Kickers2000–2001 Bank Simpanan Nasional HC2002 Arthur Andersen HC2002 Singapore Hockey Federation2006–2008 Maratha ...

 

Honkai: Star Rail Разработчик miHoYo Limited Издатель miHoYo Limited HoYoverse Часть серии Honkai Дата выпуска Windows, iOS, Android 26 апреля 2023 PlayStation 5 11 октября 2023 Лицензия проприетарная Версия 1.5 Жанр JRPG Технические данные Платформы iOS, Windows, Android и PlayStation 5 Движок Unity Режимы игры однопользовательский...

 

Bóng đá tại Đại hội Thể thao Đông Nam Á 2019Chi tiết giải đấuNước chủ nhàPhilippinesThời gian25 tháng 11 – 10 tháng 12Số đội11 (nam) + 6 (nữ) (từ 1 liên đoàn)Địa điểm thi đấu3 (tại 3 thành phố chủ nhà)Vị trí chung cuộcVô địch Việt Nam (nam; lần thứ 1)[1] Việt Nam (nữ; lần thứ 6)Á quân Indonesia (nam) Thái Lan (nữ)Hạng ba Myanmar (nam)...

1951 film by Lew Landers Hurricane IslandDirected byLew LandersWritten byDavid MathewsProduced bySam KatzmanStarringJon HallMarie Windsor Edgar BarrierCinematographyLester WhiteEdited byRichard FantlProductioncompanyEsskay Pictures CorporationDistributed byColumbia PicturesRelease date July 16, 1951 (1951-07-16) Running time71 minutesCountryUnited StatesLanguageEnglish Hurricane Island is a 1951 American Supercinecolor adventure film directed by Lew Landers and starring Jon Hal...

 

Historic church in New Hampshire, United States United States historic placeCentre Village Meeting HouseU.S. National Register of Historic Places Show map of New HampshireShow map of the United StatesLocationNH 4A, Enfield Center, New HampshireCoordinates43°35′24″N 72°6′38″W / 43.59000°N 72.11056°W / 43.59000; -72.11056Area0.5 acres (0.20 ha)Built1836 (1836)ArchitectJohn NoyesNRHP reference No.85001197[1]Added to NRHPJune 06, 198...

 

American writer, director, and producer Taberski in 2016 Dan Taberski is a writer, director, and producer based in New York City. He is best known for hosting investigative journalism podcasts Missing Richard Simmons, Surviving Y2K, Running From Cops, 9/12 and The Line. Taberski is also known for creating reality show Destroy Build Destroy on Cartoon Network and directing the 2016 documentary short film These C*cksucking Tears. He is a former producer for The Daily Show with Jon Stewart. He a...

This article is an orphan, as no other articles link to it. Please introduce links to this page from related articles; try the Find link tool for suggestions. (July 2023) Physiurgy is an obsolete term, mainly used in Scandinavia, for a medical specialty that deals with musculoskeletal physiology and diseases. The definition includes many rheumatic diseases, sports injuries and rehabilitation of orthopedic and neurological diseases. Physiurgic therapy include training and exercise therapy, mas...

 

Island of Antarctica South Orkney Islands Eillium Island is a small island 2.2 km (1.4 mi) north-west of Rumbo Punta, the north-west tip of Laurie Island in the South Orkney Islands of Antarctica. It was first seen and roughly charted by Captain George Powell and Captain Nathaniel Palmer during their joint cruise in 1821. It was recharted in 1903 by the Scottish National Antarctic Expedition under Dr. William S. Bruce, who named it for his son Eillium.[1] Important Bird Area...

 

American Civil War Medal of Honor recipient For the lawyer from Virginia, relative and biographer of Patrick Henry, see William Wirt Henry. William Wirt HenryBellows Falls Times, October 2, 1897Born(1831-11-21)November 21, 1831Waterbury, VermontDiedAugust 31, 1915(1915-08-31) (aged 83)Burlington, VermontPlace of burialLakeview Cemetery,Burlington, VermontAllegianceUnited StatesUnionService/branchUnited States ArmyUnion ArmyYears of service1861, 1862 - 1865Rank Colonel Brevet Brigadi...

Small village in North Ayrshire, Scotland Human settlement in ScotlandBarrmillBarrmill from the old railway bridgeBarrmillLocation within North AyrshireCouncil areaNorth AyrshireLieutenancy areaAyrshire and ArranCountryScotlandSovereign stateUnited KingdomDialling code01505PoliceScotlandFireScottishAmbulanceScottish UK ParliamentNorth Ayrshire and ArranScottish ParliamentCunninghame North List of places UK Scotland 55°43′44″N 4°36′04″W / ...

 

A series of books by Yomi Adegoke and Elizabeth Uviebinené Slay In Your Lane is a series of books and a podcast by journalist Yomi Adegoke and brand strategist Elizabeth Uviebinené. The first book in the series, Slay In Your Lane: The Black Girl Bible (2018),[1] is based on interviews the pair conducted with 39 successful black British women spanning different industries.[2] The Daily Telegraph described it as one of the most satisfying attempts in recent years to answer the...

 
Kembali kehalaman sebelumnya