Volgens legendes het Franse matrose op 13 Desember 1502 hier skipbreuk gely en dié eiland ná die heiligeLucia van Sirakuse genoem.[4] Dit is die enigste land ter wêreld wat ná 'n vrou genoem is.[5] In die 17de en 18ste eeu het die beheer oor dié eiland 14 keer tussen Engeland en Frankryk gewissel. Tydens die Sewejarige Oorlog is St. Lucia vir een jaar deur die Britte beset en volgens die Verdrag van Parys in 1763 aan Frankryk afgestaan. Met die Verdrag van Parys in 1814, wat die Napoleontiese Oorloë beëindig het, is dié eiland uiteindelik van Frankryk aan die Verenigde Koninkryk afgestaan. Tussen 1958 en 1962 het dit saam met ander Britse kolonies in die Karibiese gebied deel uitgemaak van die Wes-Indiese Federasie. Op 1 Maart 1967 het St. Lucia volle outonomie oor sy binnelandse sake ontvang en 'n geassosieerde land van die Verenigde Koninkryk geword.
↑(en) Harmsen, Jolien; Ellis, Guy; Devaux, Robert (2014). A History of St Lucia. Vieux Fort: Lighthouse Road. p. 14. ISBN9789769534001.
↑(en) Hartston, William (21 Februarie 2016). "Top 10 facts about St Lucia". Express.co.uk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Augustus 2019. Besoek op 15 Oktober 2020.