Die oblast is op 26 Januarie 1943 gestig,[3] maar is lank voor dit bewoon. Die oudste stad in die streek is Nowokoeznetsk, wat in 1618 gestig is, kort nadat die Kosak-atamanJermak in Siberië aangeland het.
Die gebied wat die moderne Kemerowo-oblast beslaan, is verskeie duisende jare lank bewoon. In 1618 is die Koeznetsk-fort in die suide van die streek opgerig om dit teen Russiese en Mongoolse invalle te beskerm.
Op 26 Januarie1943 is die Kemerowo-oblast gestig met Kemerowo as hoofstad. Dit het 17,5% van die Nowosibirsk-oblast ingesluit.
Klimaat
Die klimaat van die oblast is kontinentaal: die winters is lank en koud en die somers kort en warm. Die gemiddelde temperatuur in Januarie is -17 tot -20 ºC, en in Julie 17 tot 18 ºC.
Die gemiddelde jaarlikse reënval wissel tussen 300 mm op die vlaktes en voetheuwels tot 1 000 mm of meer in berggebiede.
Kleinplaneet
’n Kleinplaneet, 2140 Kemerovo, wat in 1970 deur die Sowjet-sterrekundige Tamara Smirnowa ontdek is, is na die Kemerowo-oblast genoem.[4]
↑(ru) Федеральная служба государственной статистики (Federale Staatstatistiekdiens) (2004-05-21). "Территория, число районов, населённых пунктов и сельских администраций по субъектам Российской Федерации (Territory, Number of Districts, Inhabited Localities, and Rural Administration by Federal Subjects of the Russian Federation)". Всероссийская перепись населения 2002 года (All-Russia Population Census of 2002). URL besoek op 2011-11-01