Guam (Chamorro: Guåhån) is 'n eilandgebied van die Verenigde State van Amerika in die westelike Stille Oseaan, wat die suidelike deel van die Mariana-eilande beslaan, en is in Mikronesië geleë. Die eilande beslaan 'n oppervlakte van 541,3 km² en het 'n bevolking van 168 485 in 2020 gehad.
Guam is in die suide van die Noordelike Mariana-eilande, in die ooste van die Filippyne en in die noorde van die Gefedereerde State van Mikronesië geleë. Die hoofstad is Hagåtña, voorheen Agana, en die grootste dorp is Dededo.
Verwysings
Bronnelys
- Algemeen
Eksterne skakels
- Wiki-webtuistes
- Toerisme