Kingman-rif (Engels: Kingman Reef) is 'n klein afgeleë eiland van die Verenigde State van Amerika en 'n onbewoonde rif in die noordelike Stille Oseaan, wat tot Polinesië behoort. Die rif het 'n oppervlakte van 60 km². Die Kingman-rif lê noordoos van Australië en Nieu-Seeland, ten suidweste van Hawaii en ten noorde van die Cookeilande. Die naaste eiland is die onbewoonde Palmyra-atol in die suidooste.