Pous Benedictus XII[1] is gebore as Jacques Fournier tussen 1280 en 1285 in Saverdun, Frankryk, die seun van 'n bakker of 'n meulenaar. Hy word 'n Cistercienser monnik en studeer aan die Universiteit van Parys waar hy 'n doktorsgraad in teologie behaal. In 1311 word hy ab van Fontfroide en raak bekend vir sy intellek en organisatoriese talent. Op 19 Maart1317 word hy biskop van Pamiers. Hier het hy die Kathare help vervolg. Sy optrede teen die Kathare van Montaillou in Ariège het hy sorgvuldig opgeteken in die Fournier Register wat hy in die Vatikaan se argief laat opneem het. Op 3 Maart1326 word hy biskop van Mirepoix in Ariège. Op 18 Desember1327 maak Pous Johannes XXII hom kardinaal van Sint Prisque. Op 20 Desember1334 volg hy Pous Johannes XXII op en regeer tot sy dood op 25 April1342. Hy word opgevolg deur Pous Clemens VI. Die naam ‘Benedictus’ beteken 'geseënde'.
Pontifikaat
Pous Benedictus XII[2] is verkies met die eerste stemming van die konklaaf. Hy word gekroon op 8 Januarie1335. Hy het nie die beleid van sy voorganger voortgesit nie. Hy het vrede gemaak met keiser Lodewyk IV en met die Franciskane.
Benedictus was hervormings gesind en het probeer om die luukses van die kloosters te beperk. Hy die pouslike paleis (Palais des Papes) in Avignon laat bou. Hy het hom veral besig gehou met die teologie en baie van die sienings van Pous Johannes XXII verwerp. In die bul “Benedictus Deus”, gedateer op 29 Januarie1336, leer hy dat die siele van die gestorwenes dadelik na die dood hul ewige bestemming bereik eerder as om te moet wag tot die Laaste Oordeel. Hy het lang teologiese debatte met William van Ockham en Meester Eckhart gevoer.
Bulle en Ensiklieke
29 Januarie1336 – Benedictus Deus. Oor die lewe na die dood.
Bibliografie
Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6.
Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.
Verwysings
↑Benedict XII. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
↑Peterson, J.B. (1907). Pope Benedict XII. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek op 3 Februarie 2009 by: http://www.newadvent.org/cathen/02430a.htm
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Benedictus XII.
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel: