Share to: share facebook share twitter share wa share telegram print page

Pous Bonifatius VIII

Pous Bonifatius VIII
Geboortenaam Benedetto Gaetani
Pontifikaat begin 24 Desember 1294
Pontifikaat eindig 11 Oktober 1303
Voorganger Celestinus V
Opvolger Benedictus XI
Gebore 1235
Anagni, Italië
Sterf 11 Oktober 1303
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Bonifatius

Bonifatius VIII was die 193ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1294 tot 1303.

Biografie

Pous Bonifatius VIII[1] is gebore as Benedetto Gaetani ongeveer in 1235 in Anagni, Italië. Hy was 'n seun van Loffred van die Gaetani familie, 'n familie van lae adel oorspronklik uit Spanje. In 1252 word sy oom Pietro Gaetani biskop van Todi in Umbrië en Benedetto gaan saam na Todi waar hy regte begin studeer. In 1260 word hy domheer in Todi en bekom 'n klein kasteel naby Sismano. In 1264 word hy deel van die Kurie as sekretaris van kardinaal Simon de Brie (later Pous Martinus IV). Hy het ook kardinaal Ottobono Fieschi na Engeland vergesel om die baronne wat teen Henry III in opstand gekom het te help onderdruk. In 1276 word hy na Frankryk gestuur om die pouslike tiendes te ontvang. In 1281 word hy deur Pous Matinus IV aangestel as kardinaal-diaken met die titelkerk Sint Nicola en in 1291 word hy bevorder tot kardinaal-priester deur Pous Nicolaas IV. As kardinaal is hy dikwels pouslike gesant na Frankryk, Napels, Sisilië en Aragon. Op 24 Desember 1294 volg hy Pous Celestinus V op en regeer tot sy dood op 11 Oktober 1303. Hy word opgevolg deur Pous Benedictus XI. Die naam ‘Bonifatius’ beteken 'weldoener'.

Pontifikaat

Pous Bonifatius VIII[2] word veral onthou omdat hy in 1300 die Jubeljaar (ook die Heilige Jaar) ingestel het. Dit was die eerste groot gebruik van die aflaatstelsel. Pelgrims wat na Rome kom, het 'n vol aflaat verkry. Twee miljoen mense het na Rome gekom. Die verkeer het so toegeneem dat die pous genoodsaak was om die vloei te reël, hy het linkshou ingevoer. In 1303 stig hy die La Sapienza Universiteit in Rome.

Die Jode het besonder gely onder Bonifatius en die Inkwisisie. Om die vervolging van sy gemeente te probeer beëindig, het die rabbi Elia de Pomis alle beskuldigings op hom geneem en hy is verbrand.

Pous Bonifatius het probeer om die pouslike mag sterk uit te brei op sowel geestelike as wêreldlike gebied. In sy bul ‘Unam Sanctam’ van 18 November 1302 verklaar hy dat redding vir die mens slegs verkry kan word deur onderwerping aan die biskop van Rome. Die siening van die wêreldlike mag van die pous het hom in konflik gebring met keiser Albert I van Habsburg, die magtige Colonna familie en koning Philip IV van Frankryk.

In 1298 vaardig Bonifatius die bul ‘Liber Sextus’ uit, 'n versameling pouslike dekrete en vonnisse as 'n vervolg op die kerklike wetboek ‘Liber Extra’ van Pous Gregorius IX. Met die bul ‘Super cathedram’ beperk hy die reg van die bedelordes om te preek en die bieg te hoor.

Konflik met Philip IV

Die konflik tussen koning Philip IV (die Skone) van Frankryk en Bonifatius moet gesien word in die lig van die uitbreiding van die nasionale state in die tyd. Die opkoms van die monargie en die stryd met die pouslike mag is vererger deur Philip IV. Die huis van Capet het begin om die Franse koninkryk te versterk en onafhanklik te maak van die pous. Philip IV het die beste regsgeleerdes aangestel en die klerus uit die bestuur van die land geweer. Philip het begin om die kerk te belas en Bonifatius het hom met hand en tand daarteen verset. In sy bul ‘Clericis laicos’ van Februarie 1296 verbied hy alle belasting op die kerk en die klerus sonder pouslike goedkeuring. Enige wêreldlike mag wat dit sou probeer, sou geëkskommunikeer word. Philip het teruggekap deur alle uitvoer van geld uit Frankryk na Rome te verbied. Die pous moes ingee en het belasting op die kerk en die klerus toegelaat in 'n noodtoestand. Hy het ook koning Lodewyk IX van Frankryk heilig verklaar in 1297.

Nadat Philip vir biskop Bernard Saisset gevange geneem het, het die konflik weer opgevlam. In Desember 1301 stuur Bonifatius die bul ‘Ausculta filli’ (Luister, my seun) waarin hy Philip herinner dat ‘God pouse bo konings en koninkryke gestel het’. Die vete het sy hoogtepunt bereik aan die begin van die veertiende eeu toe Philip 'n sterk anti-pouslike beleid begin voer het. Na die publikasie van ‘Unam Sanctam’ het Philip se eerste minister Guillaume de Nogaret Bonifatius 'n ketter verklaar. In 1303 is beide Philip en de Nogaret geëkskommunikeer. Op 7 September 1303 het 'n leër onder leiding van de Nogaret en Sciarra van Colonna die pous verras in Anagni. Die koning en die Colonna’s het geëis dat die pous bedank, maar Bonifatius het geweier. Die pous swaar aangerand, maar na drie dae bevry deur die pouslike magte onder leiding van kardinaal Nicolaas Boccasini. Hy het 'n maand later op 11 Oktober 1303 in Rome gesterf.

Nadoodse hofsaak

'n Geregtelike ondersoek na Bonifatius se leerstellings is begin in 1303 en het geloop tot in 1311. Die getuienis, veral die van die sittings in Groseau in Augustus en September 1310, bevat bewerings van kettery deur die pous. Dit sluit onder andere bewerings van sodomie in. Verdere uitsprake van die pous wat genoem word, sluit in:

  • Seks is net so min sonde as om jou hande te was.
  • Die paradys en die hel bestaan slegs op aarde.
  • Al drie die groot gelowe bevat waar- en valshede. Die Christelike waarheid is dat een God bestaan, die valshede sluit in die drie-eenheid, maagdelike geboorte, menswording van Christus, die transsubstansiasie, en die liggaamlike opstanding.

Daar word egter vermoed dat die bewerings vals was en die gewone bewerings deur Philip teen sy vyande was. Die ondersoek is deur die konsilie van Vienne sonder resultaat gestaak.

Kulturele nalatenskap

  • In sy ‘Inferno’ laat Dante Pous Bonifatius VIII in die hel kom weens simonie hoewel Bonifatius nog gelewe het in 1300, die datum van die fiktiewe verhaal. Dit is Pous Nicolaas III wat vir Dante van Pous Bonifatius se lot vertel. 'n Bietjie verder in die gedig word ons herinner aan die pous se stryd met die Colonna toe hy die stad Palestrina verower het, 6000 mense vermoor en die huis van Julius Caesar verwoes het. Beatrice bevestig Bonifatius se lot toe Dante die hemel besoek.
  • Die beroemde wiskundige en sterrekundige Giovanni Campano was die pous se persoonlike dokter.
  • In die ‘Decamerone’ van Boccaccio word Bonifatius satiries voorgestel as 'n struikrower (Dag 10, tweede verhaal). Vroeër in die boek word die pous ook vermeld in dat hy Karel van Valois na Florence gestuur het om die vete tussen die Wit en die Swart Welfe te beëindig.
  • Bonifatius was 'n beskermheer van die skilder Giotto di Bondone.
  • Ter voorbereiding van die jubeljaar in 1300 het Bonifatius die Sint Pieterskerk, die basiliek van Johannes van Laterane en die basiliek Maria Maggiore laat restoureer.

Bibliografie

  • Boase, Thomas S. R. (1933). Boniface VIII. London: Constable.
  • Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0300091656.
  • Coppa, Frank J, ed. (2002). The Great Popes Through History. Connecticut, Greenwood Press.
  • Jean Coste (ed.), ed. (1995). Boniface VIII en procès. Articles d'accusation et dépositions des témoins (1303–1311). Rome: L'Erma di Bretschneider. ISBN 88-7062-914-7.
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0500017980.
  • Tierney, Brian (1964). Crisis of Church and State. New Jersey: Prentice-Hall.
  • Wood, Charles, T. (1967). Phillip the Fair and Boniface VIII: State vs Papacy. New York: Holt, Rhinehart, and Winston.

Verwysings

  1. Boniface VIII. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
  2. Oestereich, T. (1907). Pope Boniface VIII. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek Desember 3, 2008 by: http://www.newadvent.org/cathen/02662a.htm

Eksterne skakels

Wikisource
Wikisource
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)

Nota

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolging

Voorafgegaan deur
Celestinus V
Pous (Pontifex Maximus)
12941303
Opgevolg deur
Benedictus XI

Read other articles:

Artikel ini tidak memiliki referensi atau sumber tepercaya sehingga isinya tidak bisa dipastikan. Tolong bantu perbaiki artikel ini dengan menambahkan referensi yang layak. Tulisan tanpa sumber dapat dipertanyakan dan dihapus sewaktu-waktu.Cari sumber: Stadion Bangka Selatan – berita · surat kabar · buku · cendekiawan · JSTOR Stadion Bangka Selatan (Stadion Junjung Besaoh Toboali) adalah stadion sepak bola yang terletak di Kabupaten Bangka Selatan, Ban...

 

يفتقر محتوى هذه المقالة إلى الاستشهاد بمصادر. فضلاً، ساهم في تطوير هذه المقالة من خلال إضافة مصادر موثوق بها. أي معلومات غير موثقة يمكن التشكيك بها وإزالتها. (ديسمبر 2018)   لمعانٍ أخرى، طالع العرف (توضيح). العرف تقسيم إداري البلد  اليمن مديرية مديرية مقبنة المسؤولون محا

 

Flemish painter Portrait of Joris Hoefnagel, engraving by Jan Sadeler (1592) Joris Hoefnagel or Georg Hoefnagel (1542, in Antwerp – 24 July 1601, in Vienna) was a Flemish painter, printmaker, miniaturist, draftsman and merchant. He is noted for his illustrations of natural history subjects, topographical views, illuminations and mythological works. He was one of the last manuscript illuminators and made a major contribution to the development of topographical drawing. His manuscript ill...

Місто Болдвінангл. Baldwyn Координати 34°30′34″ пн. ш. 88°38′07″ зх. д. / 34.50955555558333288° пн. ш. 88.635333333361117525° зх. д. / 34.50955555558333288; -88.635333333361117525Координати: 34°30′34″ пн. ш. 88°38′07″ зх. д. / 34.50955555558333288° пн. ш. 88.635333333361117525° зх. д....

 

يفتقر محتوى هذه المقالة إلى الاستشهاد بمصادر. فضلاً، ساهم في تطوير هذه المقالة من خلال إضافة مصادر موثوق بها. أي معلومات غير موثقة يمكن التشكيك بها وإزالتها. (ديسمبر 2018) قوات الفرق الوطنية هذه المقالة يتيمة إذ تصل إليها مقالات أخرى قليلة جدًا. فضلًا، ساعد بإضافة وصلة إليها ف...

 

坐标:29°52′34.83″N 121°32′35.11″E / 29.8763417°N 121.5430861°E / 29.8763417; 121.5430861 永丰库遗址遗址公园鸟瞰全国重点文物保护单位中华人民共和国国务院公布所在浙江省宁波市分类古遗址时代元编号6-0092-1-092登录2006年 永丰库遗址是中国浙江省宁波市海曙区境内一处元代衙署仓储遗址。遗址位于宁波鼓楼东侧,唐宋子城遗址东南角,经过2001年、2002年两期考古发

Esta biografia de uma pessoa viva cita fontes, mas que não cobrem todo o conteúdo. Ajude a inserir fontes confiáveis e independentes. Material controverso que esteja sem fontes deve ser imediatamente removido, especialmente se for de natureza difamatória.—Encontre fontes: ABW  • CAPES  • Google (N • L • A) (Junho de 2017) Bruce Spence Bruce SpenceSpence fazendo uma pausa durante uma sessão da ADR, novembro de 2008 Nome compl...

 

AdagiumSutradara Rizal Mantovani Produser Maria Lucky Anto Hoed Irving Artemas Ditulis oleh Titien Wattimena Rizal Mantovani Pemeran Jihane Almira Angga Asyafriena Pangeran Lantang Penata musikAnto HoedSinematograferYadi SugandiPenyuntingGanda HartadiPerusahaanproduksiBrainstormincTanggal rilis 26 Januari 2023 (2023-01-26) (Indonesia) Durasi124 menitNegara Indonesia Bahasa Indonesia Adagium adalah film drama laga Indonesia tahun 2023 yang disutradarai oleh Rizal Mantovani. Film...

 

2021 film by Joe Wright CyranoTheatrical release posterDirected byJoe WrightScreenplay byErica SchmidtBased onCyrano de Bergerac1897 playby Edmond RostandCyrano2008 musicalErica SchmidtAaron DessnerBryce DessnerMatt BerningerCarin BesserProduced by Tim Bevan Eric Fellner Guy Heeley Starring Peter Dinklage Haley Bennett Kelvin Harrison Jr. Ben Mendelsohn CinematographySeamus McGarveyEdited byValerio BonelliMusic by Aaron Dessner Bryce Dessner Productioncompanies Metro-Goldwyn-Mayer Bron Creati...

Bus station in Oslo, Norway Oslo Bus TerminalBus stationGeneral informationLocationVaterland, Gamle Oslo, OsloNorwayCoordinates59°54′40″N 10°45′35″E / 59.911040°N 10.759649°E / 59.911040; 10.759649Line(s) Local buses 34, 37, 74Connections Train: Oslo Central Station Airport Express Train: Metro: Jernbanetorget (station) Bus: Ruter, Brakar, Innlandstrafikk Coach: NOR-WAY Bussekspress, FlixBus, Vy bus4you, Vy express Oslo Bus Terminal (Norwegian: Oslo busster...

 

Malay island kingdom For the current republic, see Singapore. Kingdom of SingapuraKerajaan Singapura1299–1398Kingdom of Singapore, with ruins of an old wall still visible in 1825 and marked on this map.CapitalSingapura[1]Common languagesOld MalayReligion Syncretic forms of Hinduism and BuddhismGovernmentMonarchyRaja • 1299–1347 Sang Nila Utama (Sri Tri Buana)• 1347–1362 Sri Wikrama Wira• 1362–1375 Sri Rana Wikrama• 1375–1389 Sri Maharaja...

 

В Википедии есть статьи о других людях с фамилией Апарин. Максим Григорьевич Апарин Дата рождения 1920(1920) Место рождения д. Новошелковниково, Барабинская волость, Томский уезд, Томская губерния, РСФСР Дата смерти 16 ноября 1943(1943-11-16) Место смерти у с. Вышемир, Речицкий р�...

Hindu religious occasion Bhairava AshtamiPainting of Brahma worshipping BhairavaAlso calledBhairava JayantiObserved byHindusTypeHinduObservancesPrayers and religious rituals, including puja to the deity BhairavaDateDark half of the lunar calendar month of Kartika/Margashirsha2022 dateWednesday, 16 November[1]2023 dateTuesday, 5 December[2]2024 dateFriday, 22 November [3]Frequencyannual Part of a series onHinduism Hindus History Timeline Origins Hist...

 

Ancient Greek colossal statue Sounion Kouros (c. 600 BCE) at the National Archaeological Museum of Athens The Sounion Kouros is an early archaic Greek statue of a naked young man or kouros (Ancient Greek κοῦρος, plural kouroi) carved in marble from the island of Naxos around 600 BCE. It is one of the earliest examples that scholars have of the kouros-type[1] which functioned as votive offerings to gods or demi-gods, and were dedicated to heroes. Found near the Temple of P...

 

1945 photograph by Joe Rosenthal Raising the Flag on Iwo Jima, by Joe Rosenthal of the Associated Press Raising the Flag on Iwo Jima (Japanese: 硫黄島の星条旗, Hepburn: Iōtō no Seijōki, lit. 'The Flag of Stars and Stripes on Iō Tō') is an iconic photograph of six United States Marines raising the U.S. flag atop Mount Suribachi during the Battle of Iwo Jima in the final stages of the Pacific War. The photograph, taken by Joe Rosenthal of the Associated Press on February 2...

Вправи на гімнастичному коні. Олімпійські Ігри в Афінах 1896 року Маріуш Урзіка виконує вправи на коні Вишкіл воїнів на спортмайданчику. Вправа на коні Кінь — прилад у спортивній гімнастиці. Для проведення змагань з спортивної гімнастики за олімпійськими правилами впр...

 

This article does not cite any sources. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Big Brother Hungarian TV series – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (August 2018) (Learn how and when to remove this template message) Hungarian TV series or program Big BrotherAlso known asNagy TestvérGenreRealityCreated byJohn de MolPresented byClaudia Lip...

 

German movie theater chain CinestarTypeGmbHIndustryEntertainmentFounded1948HeadquartersLübeck, GermanyNumber of locations95Area servedGermany, Croatia, Czech Republic, Bosnia and Herzegovina, Serbia, KosovoKey peopleJane Hastings, Oliver FockParentEVT Limited Websitewww.cinestar.de CineStar in Hagen, Germany CineStar is a cinema company based in Lübeck, Germany. The company was founded in 1948, and is the largest cinema chain in Germany and Croatia. As of March 2023[update] it ...

2000 novel by Jacqueline Wilson This article has multiple issues. Please help improve it or discuss these issues on the talk page. (Learn how and when to remove these template messages) This article's lead section may be too short to adequately summarize the key points. Please consider expanding the lead to provide an accessible overview of all important aspects of the article. (February 2021) This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding...

 

2013 UEFA Regions' CupUEFA Regions' Cup 2013Tournament detailsHost countryItalyTeams8Final positionsChampions Veneto (2nd title)Runners-up Catalonia← 2011 2015 → International football competition The 2013 UEFA Regions' Cup is the 8th edition of the UEFA Regions' Cup. Preliminary round The 8 teams in the preliminary round have been drawn into two group of four, with the following countries hosting each group's matches: Group A – Turkey Group B – South East FYR Macedoni...

 
Kembali kehalaman sebelumnya