Pous Paschalis II het te kampe gehad met vier teenpouse gedurende sy pontifikaat, Clemens III, Theodoricus, Albertus en Silvester IV. Een van die redes was die voortdurende investituurstryd. Toe keiser Hendrik IV se seun met die steun van die pous die mag by sy pa oorneem, het Paschalis gedink die nuwe keiser Hendrik V sal meer inskiklik wees. Hendrik V het egter aan sy voorregte vasgeklou. Die pous het probeer om Hendrik se kroning as keiser te gebruik om hom te oorreed, maar Hendrik het die pous in 1111 kortstondig (ses dae) gevange geneem. Paschalis het toe maar Hendrik op sy (Hendrik s'n) voorwaardes gekroon op 13 April1111.
Bibliografie
Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6.
Gresser, Georg (2002). Die Synoden und Konzilien in der Zeit des Reformpapsttums in Deutschland und Italien von Leo IX. bis Calixt II. 1049–1123, Paderborn 2006.
Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.