Paulus IV was die 223ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1555 tot 1559. Hy is die mede-stigter van die Orde van die Teatyners.
Biografie
Pous Paulus IV[1] is gebore as Gian Pietro Carafa op 28 Junie1476 in Capriglio, Italië. Sy vader was Giovanni Antonio Carafa en sy moeder Vittoria Camponeschi, die dogter van Pietro Lalle Camponeschi, vyfde graaf van Montorio. Sy oom en mentor, Oliviero Carafa hom gehelp om op 30 Julie1505 aangestel te word as biskop van Chieti. Op 18 September1505 word hy tot biskop gewy. Op 20 Desember1518 word hy aartsbiskop van Brindisi. Tussen 1520 en 1525 woon Carafa in Rome en vlug tydens die plundering van Rome na Venesië. In 1524 stig hy saam met Sint Cajetan die Orde van die Teatyners. Pous Paulus III stel Carafa op 22 Desember1536 aan as kardinaal en as lid van die nuutgestigte kommissie vir' n algemene hervorming van die kerk. Op 15 Januarie1537 word hy kardinaal-priester van Sint Pancrazio, op 24 September1537 kardinaal-priester van Sint Sisto en op 6 Julie1541 kardinaal-priester van San Clemente. Vanaf 1542 lei hy die Inkwisisie. Op 24 September1543 word hy kardinaal-biskop van San Maria in Trastevere, op 17 Oktober1544 kardinaal-biskop van Albano en op 8 Oktober1546 kardinaal biskop van Sabina. Op 23 Februarie1549 word hy aartsbiskop van Napels en op 28 Februarie1550 kardinaal-biskop van Frascati. In 1553 word hy benoem as die dekaan van die kollege van kardinale, op 29 November1553 kardinaal-biskop van Porto en Santa Rufina. Op 11 Desember1553 word hy kardinaal-biskop van Ostia, sy laaste pos voordat hy pous word. Op 23 Mei1555 volg hy Pous Marcellus II en word gekroon op 26 Mei1555 deur kardinaal Francesco Pisani. Hy regeer tot sy dood op 18 Augustus1559 en word opgevolg deur Pous Pius IV. Die naam ‘Paulus’ beteken 'die kleintjie'.
Pontifikaat
Pous Paulus IV[2] was 79 jaar toe hy as pous verkies is. Voor sy verkiesing het hy herhaaldelik van hervormings gepraat. Na die verkiesing maak hy hom skuldig aan nepotisme deur een van sy neefs, Carlo Carafa, 'n condottiere, kardinaal-staatsekretaris te maak en 'n ander neef, Giovanni Carafa,' n wrede avonturier, die eerste kaptein-generaal van die kerk en daarna hertog van Paliano te maak.
Sekulêre Politiek
Nadat Paulus, toe nog kardinaal Carafa as hoof van die Inkwisisie gewys het dat hy onvergeeflik teen die Italiaanse Protestante was, protesteer die pous teen die Vrede van Augsburg, 25 September1555. Die vrede laat elke vors toe om die religie van sy gebied te bepaal. Toe keiser Karel V in 1556 abdikeer en sy broer Ferdinand I die titel "Heilige Romeinse Keiser" aanneem, verklaar Pous Paulus dit as ongeldig.
As teenstander van die Spaans-Habsburgse mag, verloor Paulus weens sy alliansie met Frankryk die oorlog teen Spanje en op 12 September1557 ná die besetting van die pouslike staat deur die Hertog van Alva, moet hy die voorwaardes van die vrede van Cave Palestrina aanvaar. Oor die kwessie van die Britse troon, het hy sy invloed probeer gebruik teen die Protestantse Elizabeth.
Kerkpolitiek
Om die Katolieke Kerk te versterk, brei Paulus die bevoegdhede van die "Heilige Inkwisisie." uit. Daar word beweer as sou hy gesê het: "Selfs as my eie vader 'n ketter was, sou ek die hout bymekaar maak om hom te verbrand".
In sy bul "Cum Nimis absurdum" van 14 Julie1555 beveel hy dat Jode in ghetto's moet woon. 'n Paar dae later word 24 Jode wat onder dwang bekeer is en uit Portugal gevlug het, verbrand in Ancona. Dit was die enigste daad van hierdie soort in die geskiedenis van Italië.
Die verdaagde konsilie van Trente roep hy nie weer op nie omdat hy die taak van kerkhervorming wou oorgee aan die kurie en die kollege van kardinale.
As een van sy laaste dade, publiseer hy die bul "Cum ex apostolatus officio" waarin hy boeksensuur en die berugte "Index librorum prohibitorium" (Indeks van verbode boeke) instel. In 1559 herstruktureer hy die bisdomme van die Habsburgse Nederlande.
Gebeure na sy dood
Na sy dood het die burgers van Rome fees gevier, die gevangenes van die Roomse Inkwisisie bevry, en die paleis van die Inkwisisie aan die brand gesteek. Lede van die munisipale owerheid van Rome, wat tydens die bewind van Paulus IV ernstige beperkinge opgelê is, het die geleentheid uitgebuit en die mense se woede in hulle guns aangevuur.
Tien dae na sy dood, het die hertog van Paliano, met die goedkeuring van sy broer, die kardinaal-staatsekretaris sy (die hertog s'n) swanger vrou laat vermoor. Onder die bewind van die nuwe pous, Pous Pius IV, word hulle voor die regbank gebring. Die kardinaal-staatsekrtearis word in die Engeleburg verwurg en die hertog word onthoof. Hulle handlangers is ook tereggestel.
Die kollege van kardinale
Pous Paulus IV het 19 nuwe kardinale aangestel in vier konsistories.
William Peto, O.F.M.Obs., biskop van Salisbury, Engeland.
Bibliografie
Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6.
Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.
Roberto Zapperi: Tizian, Paul III. und seine Enkel. Nepotismus und Staatsportrait. Fischer-TB.-Vlg., Frankfurt am Main 1990, ISBN 3-596-10324-X.
Andreas Gormans en Philipp Zitzlsperger: Des Papstes neue Kleider. Das Grabmal Papst Pauls III. Farnese (1534–1549), in: Totenkult und Wille zur Macht. Die unruhigen Ruhestätten der Päpste in St. Peter. Uitgegee deur Horst Bredekamp en Volker Reinhardt. Darmstadt 2004, S. 85–98.
Eksterne skakels
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel: