Na die dood van Pous Clemens IV was die setel van Petrus bykans drie jaar vakant weens 'n stryd tussen die Italiaanse en Franse kardinale. Uiteindelik besluit die inwoners van Viterbo, waar die konklaaf gehou is, om die kardinale toe te sluit en net water en brood te gee totdat hulle 'n pous verkies het. Die kompromie kandidaat was die aartsdiaken van Luik die Italiaans gebore Tebaldo Visconti wat op 1 September1271 as Gregorius X[2] verkies is. Dit was die langste konklaaf in die geskiedenis van die Roomse Kerk tot op hede. Tebaldo was op die oomblik in Akko, besig met die negende kruistog. Hy was nie priester nie is hy eers in Rome tot priester gewy op 12 Maart1272 en as pous gekroon op 27 Maart1272.
Gregorius X het al in Maart 1272 'n algemene konsilie byeen geroep, maar dit het eers op 1 Mei1274 in Lyon begin as die tweede konsilie van Lyon. Die konsilie wou graag 'n nuwe kruistog organiseer maar weens beperkte entoesiasme en finansiële steun het daar niks van gekom nie. Op die konsilie het daar op die inisiatief van keiser Michael VIII Paleologus word 'n einde gebring aan die skisma van 1054, dit is egter deur Michael se seun Andronikos II Palaeologos weer herroep. Die konsilie het ook die prosedure vir pouskeuse vasgelê, wat tot Pous Paulus VI ongewysig gebly het.
Om die kruistog aan die gang te kry het Pous Gregorius hom beywer vir die beëindiging van die stryd tussen die Welfe en die Ghibellyne. Tussen 1254 en 1273 beskik die Heilige Romeinse Ryk wel oor 'n keiser, maar die het geen mag gehad nie. Pous Gregorius het gedreig om self 'n keiser te benoem as die keurvorste nie 'n daadkragtige keiser kies nie. Op 1 Oktober1273 word Rudolf van Habsburg in Frankfurt am Main gekies en op 24 Oktober1273 in Aken gekroon. Rudolf sou deur die pous gekroon word op 2 Februarie1276, maar die pous sterf op 10 Januarie1276.
Gregorius X was die Jode goed gesind. Hy het die petisie-reg aan hulle toegestaan in 'n bul gedateer 7 Oktober1272 en bevestig dat Jode nie onder dwang gedoop mag word nie. In konflikte tussen Jode en Christene sou die getuienis teen die Jode deur Christene nie geldig wees nie tensy dit deur minstens een Jood bevestig word. Sedert die begin van die kruistogte was Jodevervolging algemeen in Europa.
Diplomatieke betrekkinge met die Mongole
Net na sy verkiesing in 1271 het Pous Gregorius 'n bief van die Mongoolse Khan Kubilai gekry, aangedra deur Niccolo en Maffeo Polo. Kubilai het gevra vir honderd sendelinge en olie van die lamp van die Heilige Graf. Die pous het net twee sendelinge gestuur en die olie. Die Polo broers het nou hulle jonger broer Marco Polo saamgevat en teruggekeer na die Khan met die pous se presente. Die Mongoolse leier Abaqa het 'n delegasie met meer as tien lede na die konsilie in Lyon gestuur, waar planne beraam is vir 'n alliansie tussen die Europese magte en die Mongole. Na die konsilie het Abaqa nog 'n delegasie gestuur onder leiding van die Georgiese Vassali broers. Gregorius het laat weet dat sy legaat die kruistog sou vergesel en dat hulle die militêre samewerking sou koördineer. Die kruistog het egter nooit plaasgevind nie.
Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0300091656.
Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0500017980.
↑Kirsch, J.P. (1909). Pope Gregory X. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek op 15 September 2008 by: http://www.newadvent.org/cathen/06798a.htm